Artikelbron: Christian Today 

Die Engelse dokter Richard Scott wat sy geloof met ’n kwesbare pasiënt gedeel het, is deur ’n mediese tribunaal van ernstige wangedrag vrygespreek, berig Christian Today.

Die dokter is na die tribunaal geneem nadat die pasiënt se ma by die Nasionale Gesondheidsdiens (NHS), ’n organisasie onder die Engelse departement van gesondheid, gekla het.

Dr. Scott het die 19-jarige man in Augustus 2022 by die Bethesda Mediese Sentrum in Margate, Kent, teëgekom. Volgens die BBC het die pasiënt ’n geskiedenis van ADHD en het hy aan swak geestesgesondheid gely ten tyde van die afspraak.

Tydens die konsultasie het Scott glo oor sy geloof gepraat en die man se hand in gebed vasgehou. Die dokter het daarna ook vir hom ’n Bybel gegee. Nadat die pasiënt se ma daarna by die NHS gaan kla het, is Scott hof toe geneem.

Die dokter, wat sedert 1983 praktiseer, het aan die tribunaal gesê hy het ’n gesprek oor geloof gehad nadat hy toestemming van die pasiënt ontvang het. Die pasiënt het egter berig dat hy “ongemaklik” gevoel het toe Scott voorstel dat hy opnuut met God moet “kontak maak”.

Die tribunaal het tot die gevolgtrekking gekom dat hoewel Scott toestemming gekry het om met die gesprek aan te gaan, hy “daarna die perke oorskry het”, maar het bygevoeg “dat die dokter se optrede nie die perke oorskry het van wat nodig is om aan ernstige wangedrag skuldig bevind te word nie.”

Dr. Scott is in die verlede ondersoek omdat hy aangebied het om saam met pasiënte te bid. Hy het ook in 2012 ’n waarskuwingsbrief van die Algemene Mediese Raad (GMC) ontvang. Dit is ‘n liggaam wat die amptelike register van dokters in die Verenigde Koninkryk bestuur. GMC oorweeg tans of die dokter ‘n tweede waarskuwing moet ontvang.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 08/09/2023
Foto: instagram.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here