Geskryf deur: Voice of the Martyrs South Africa www.persecutionsa.org Artikelbron:
Pastoor Amar Thapa het berig dat hy twee maande gelede 25 Maithili-taal SD-kaarte ontvang het deur een van Voice of the Martyrs (VOM) se projekte.
Ses Hindoe-monnike in een van die dorpies in die distrik waar hy gewerk het, het na ’n video van die SD-kaarte gekyk en van Jesus Christus geleer. Hulle het gesê: “Hier is die vrede waarna ons gesoek het.”
Hierdie Hindoe-monnike wil meer oor hierdie vrede leer. Pastoor Amar en ander gelowiges vergader met die monnike om meer oor Christus met hulle te deel.
- Bid dat hierdie monnike in Jesus Christus as hulle Verlosser en Here sal glo.
- Bid dat Pastoor Amar en die ander Gelowiges op God sal steun vir krag in sy bediening.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 08/09/2023
Foto slegs ter illustrasie: unsplash.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.