Artikelbron: wycliffe.net
Wycliffe-Bybevertalers het hul jaarlikse statistiek van die wêreldwye Bybelvertalingswerk gepubliseer en dit dui aan dat die werk vinnig vorder. In net die afgelope twaalf maande is vertaling in 412 nuwe tale begin.
Van die meer as 7 000 tale moet ’n Bybelvertalingsprojek in nog net 1 268 tale begin word. Die visie is dat daar teen 2025 ’n vertaalprojek begin sal wees in elke taal waar daar nog ’n behoefte aan ’n Bybelvertaling is.
Tefera Endalew, die direkteur van Wycliffe Ethiopië, ervaar ontwikkelings in Bybelvertalingswerk van naderby. Hy werk saam met Bybelvertalers wat vervolg word vir hul geloof in hul tuislande. Nou woon hulle as vlugtelinge in Ethiopië, waar hulle verbind is tot ‘n Bybel in hul eie taal met alles wat hulle het. Dit is indrukwekkend om te sien hoe God mense wêreldwyd gebruik om die Bybel te vertaal.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 05/10/2023
Foto: Marc Ewell, Wycliffe Global Alliance
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.