Artikelbron: gatewaynews.co.za

Meer as 3 000 mense uit 93 nasies het na Jerusalem gegaan om die Loofhuttefees te vier en die Koning van die konings te aanbid, het Vivienne Myburgh, die nasionale direkteur van die Internasionale Christen-ambassade Jerusalem (ICEJ), Suida-Afrika aan Gateway News gesê.

Met verwysing na die fees wat op 29 September in Israel begin het en môre, 6 Oktober, tot ’n einde kom, sê Vivienne, wat ’n groep Suid-Afrikaners by die jaarlikse Christelike geleentheid gelei het, dat ’n groep van 18 mense uit Egipte dit vir die derde keer bygewoon het. Daar was ook vir die eerste keer ’n groep van 11 mense van Turkye.

Die aanbidding is gelei deur ’n verskeidenheid aanbiddingspanne uit verskeie nasies, insluitend Fidji en selfs ’n Iraniër wat die Israeli’s teenwoordig verseker het dat baie Iraniërs Israel liefhet!

“Die afvaardiging van Fidji het hulle nasionale lugdiens gehuur om meer as 200 mense van Fidji na Israel te bring. Dit was die eerste keer dat hulle nasionale lugdiens in Israel geland het. Hulle nuwe eerste minister is ’n wedergebore gelowige en is ’n ywerige ondersteuner van Israel,” het Vivienne gesê.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 05/19/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here