Geskryf deur: Karen Faulkner
Artikelbron: www.worthynews.com
Wycliffe Bible Translators is ’n internasionale organisasie wat moedertaal-Bybelvertalers bemagtig en hande vat met plaaslike kerke om Bybelvertaling te bevorder. Hulle gaan nou deelneem aan die inwyding van ’n Nuwe Testament in ’n Suid-Asiatiese nasie (wie se naam weens veiligheidsredes weerhou word). Dit is die eerste voltooide vertaalde Bybel in dié spesifieke minderheidstaal.
Plaaslike Bybelvertalers, opgelei deur Wycliffe Associates opgelei is, het die Nuwe Testament-vertaling ’n paar maande gelede voltooi. Dit is ’’ belangrike mylpaal in ’n land waar Islam die dominante godsdiens is en vervolging van Christene algemeen voorkom. In landelike gebiede is imams die owerhede en administreer hulle die reg vir die gemeenskap.
Hoewel daar ’n Bybel in die land se amptelike taal bestaan, behou burgers hulle etnisiteit en tale, veral in landelike gebiede. Hulle identifiseer hulleself aan die hand van stamname en hulle kultuur laat hulle nie toe om af te wyk van die godsdiens waarin hulle gebore is nie.
Tot die onlangse voltooiing van die Nuwe Testament-projek was daar geen Bybels in die plaaslike tale beskikbaar nie.
“Die mense is van alle kante omring deur duisternis,” sê Tony Tophoney, die direkteur van veldopleiding vir Wycliffe Associates. “Wanneer hulle tot geloof in Christus kom, weet hulle dat hulle uitgestoot sal word, selfs binne hulle reeds vervolgde gemeenskap. Die Nuwe Testament is ’n seldsame baken van hoop vir hierdie vervolgde mense, wat die omringende geestelike duisternis binnedring.”
Vervolging is egter nie die enigste bedreiging vir die vertalers se vordering nie.
“Benewens godsdiens- en etniese vervolging, moet gelowiges in [hierdie Suid-Asiatiese nasie] ernstige armoede en swak infrastruktuur ook trotseer as bykomende uitdagings vir Bybelvertaling,” sê Tophoney. “Die meeste het nie die tegnologiese en materiële hulpbronne wat nodig is om ’n Bybel vir hulle mense te vertaal nie.”
Deur inisiatiewe soos Tegnologie vir Nasionale Vertalers, verskaf Wycliffe Associates die gereedskap en opleiding wat plaaslike Christene nodig het om die Skrif in hul taal te vertaal. Dit kan skootrekenaars, oopbronvertaalsagteware, volledige digitale toegang tot ’n vertaalbiblioteek en selfs druk-op-aanvraag-toerusting insluit.
Wycliffe het ses tale in hierdie land geïdentifiseer wat Bybelvertaling nodig het. Onlangs het 36 mense ’n Bybelvertalingswerkswinkel bygewoon om Nuwe Testament-vertaalprojekte van stapel te stuur.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 10/03/2023
Foto slegs vir illustratiewe doeleindes. Kunswerk aangepas van unsplash.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.