Artikelbron: Article18

’n Iranse kerkleier, Yousef Nadarkhani, wat in Februarie uit die tronk vrygelaat is, het ’n aangrypende brief aan Christene geskryf wat vir hom gebid het tydens sy aanhouding.

Article18, ’n menseregte-organisasie, het die kerkleier se getuienis volledig gepubliseer waarin hy sy dankbaarheid teenoor God uitgespreek het vir die krag wat hy ontvang het tydens die vyf jaar wat hy in Iran se Evin-gevangenis.

In die brief, waarvan ‘n volledige Engelse vertaling hieronder gelees kan word, sê die leraar dat hoewel hy “talle kere vir Sy Naam opgesluit is”, hy alles wat hy verduur het, beskou as sy “klein aandeel om in die arbeid en lyding van Christus te deel”. Nadarkhani het reeds voorheen ook drie jaar in die tronk deurgebring nadat hy ter dood veroordeel is weens “afvalligheid”.

“Ek weet dat hierdie dinge met my gebeur omdat ek volgens God se wil lewe,” skryf hy. “Vandag is ek bly, want ek het die vervulling van God se belofte ervaar volgens my vertroue in Hom. Hy het my gered van ’n lang gevangenisstraf – 10 jaar gevangenisstraf en twee jaar ballingskap –  net soos Hy my voorheen van die doodsvonnis gered het.”

’n Uittreksel uit Yousef Nadarkhani se brief soos gepubliseer op Article18 se webtuiste. Vir die volledige brief besoek gerus hulle webtuiste.

I present these few lines as a testimony and to express my gratitude.

Oh, how kind and loving is our God! Because he showed me how to believe in Him and be filled with the love of Jesus Christ, and gain the strength to serve Him. So I say as long as I live: glory and honour to God, who is the King of all ages […]

Whenever this thought came to me that it is very difficult to serve Him in this world, I remembered that a day will come when I will sit by His side and reign with Him. Also, although as a child of God I have been locked up many times because of His name, I still believe that no-one can ever lock up His Word at any time or place. His Word is spread everywhere. Yes, I believe in His Word […]

Glory be to God, who alone is wise, through Jesus Christ forever! Amen

The humble servant of Jesus Christ,
Yousef Nadarkhani,
26 February 2023

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 10/03/2023
Foto: articleeighteen.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here