Deur: Verre Naasten
Artikelbron: verrenaasten.nl

Die hulporganisasie Verre Naaste het onlangs ’n biddag vir Zimbabwe gehou. Tydens die biddag het die Nederlandse organisasie vanjaar die aandag gevestig op die aanlê van waterputte in Zimbabwe.

In Zimbabwe, net soos hier in Suid-Afrika, kan skoon water nie as vanselfsprekend aanvaar word nie. In landelike gebiede stap vroue en kinders elke dag tot drie uur lank om water te gaan haal. In arm woonbuurte in die stad is water net een keer per week by ’n sentrale kraanpunte beskikbaar. En dikwels heeltemal te min…

Om water te gaan haal is harde werk
Om water te gaan haal is ’n moeilike taak en die uitwerking daarvan op gesinne is groot. Kinders gaan byvoorbeeld nie meer skool toe nadat hulle water gaan haal het nie, omdat hulle te uitgeput is van die swaar werk. Die gebrek aan skoon water lei tot leeragterstand en versterk die kringloop van armoede.

Gesondheidsrisiko’s
Skoon water is nodig vir goeie gesondheid. Water word benodig om mee te was en voedsel voor te berei, maar ook vir toiletgebruik en natuurlik as drinkwater. Op plekke waar daar nie skoon water is nie, kom siektes soos malaria en cholera meer algemeen voor.

Lewende water
Die organisasie se vennoot, die Kerk in Sentraal-Afrika Presbiteriaan (CCAP), glo dat die Evangelie van Jesus Christus hand aan hand gaan met die versorging van die wat in nood verkeer. Daarom is hulle verbind tot die bou van die waterputte.

Ds. Kingstar Chipata, en kerklede in Zimbabwe, glo dat die Evangelie van Jesus Christus hand aan hand gaan met die versorging van mense wat hulpbehoewend is. Hy sê: “Wanneer mense water kom haal, vertel ons hulle van Jesus, net soos Jesus gedoen het toe hy ’n vrou by die put ontmoet het (Johannes 4). Dit is hoe ons God se liefde met mense deel en hulle van die ‘lewende’ water laat drink!”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 10/03/2023
Foto: cvandaag.nl

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here