Geskryf deur: Radio Kaapse Kansel
Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Sarepta, ’n tehuis vir bejaardes in Kuilsrivier in die Wes-Kaap, versorg sedert 1968 die ouer lede van ons gemeenskap wat spesiale sorg benodig en nie na hulself kan omsien nie. Met 45 personeellede onder die bestuur van Maxi Herbst, bied Sarepta veiligheid en 24-uur-versorging aan elk van die 134 individue wat daar woon.
Geloof geanker in God se goedheid
As organisasie sonder winsbejag bly dit ’n groot taak om genoeg befondsing te bekom vir buitedienste wat kos, skoonmaak- en sekuriteitsdienste insluit. Met hulle geloof egter geanker in God en harte wat diensbaar teenoor ons bejaardes staan, twyfel Sarepta se mense nooit oor God se voorsiening vir die dag van môre nie. Daarom kon ons as Radio Kaapse Kansel nie anders as om hulle te eer vir die onselfsugtige opofferings wat hulle maak om mense in die laaste lopie van hul lewe waardigheid te gee nie.
Wonderlike oggend saam
As deel van vanjaar se Vir die gemeenskap-uitreike het die span van Kaapse Kansel hulle tyd afgestaan om elke lid van die tehuis met ’n verrassings-pakkie en lekker vrugte te bederf. Dit het gesorg vir ’n oggend vol dankbaarheid waar ons tyd saam met elke individu kon deurbring en sommer ook lekker saamsing en -bid. Die Kaapse Kansel-span het opnuut ervaar hoe ’n mens altyd meer ontvang as wat jy
kan uitdeel.
Met respek en liefde
Ons eer elke personeellid en persoon wat ons bejaardes se lewenseisoen vir hulle so gerieflik en sorgvry as moontlik wil maak en respek het vir die pad wat elke persoon gestap het tot op hul oudag. Mag God jul hande versterk en ons as gemeenskap julle ondersteun waar ons kan.
WORD DEEL VAN DIE SPAN
Ondersteun ons deur hierdie projekte moontlik te maak. Stuur jou bydrae en bewys van betaling na info@capepulpit.co.za
Rekeningnaam: Radio Cape Pulpit | Bank: ABSA Bank
Rekeningnommer: 407 959 8874 | Rekeningtipe: Tjekrekening
Verwysing: “Cape” en jou naam.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 11/11/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.