Geskryf deur: ICEJ
Artikelbron: JUIG! Tydskrif

Israel is nou betrokke in ’n intense oorlog met Hamas en ander terreurgroepe wat deur Iran gesteun word. Israelse president Isaac Herzog het die swaargewapende terroriste se massiewe aanslag op onskuldige burgerlikes beskryf as “die ergste pogrom teen die Joodse volk sedert die Holocaust”. Israelse magte teiken die Hamas-vestings in Gasa terwyl belangrike lede van die internasionale gemeenskap Iran en Hisbolla in Libanon waarsku om nie betrokke te raak nie.

Hierdie huidige konflik is die uitdagendste tyd vir Israel in meer as ’n generasie, veral gegewe die kompleksiteit wat bygekom het as ’n mens die 150 gyselaars in ag neem wat in Gasa aangehou word. Dit kan Israel weke lank neem om hierdie bedreiging die hoof te bied, maar ons is vol vertroue dat die nasie as oorwinnaar uit die stryd sal tree.

Intussen is die Internasionale Christelike Ambassade Jerusalem namens jou in die voorste linie van hierdie stryd deur landswyd in Israel uit te reik met noodleniging; veral na die verpletterde inwoners van die Israelse grensgemeenskappe.

Die ICEJ-hulpspan was in kontak met ons jarelange vennote in die land om te bepaal wat die dringendste behoeftes is. Ons kon reeds kos en water verskaf aan soldate van die Israelse weermag (IDF) en noodlenigingswerkers wat al langs die grens met Gasa werk.

Nou is die tyd om saam met Israel te staan!
As Christene sê ons dikwels dat ons Israel “liefhet”, maar die Kerk moet dit in daadwerklike aksie omskep soos nog nooit tevore nie. Ons het jou hulp dringend nodig:

1 Bid vir Israel. Ons hou ons wêreldwye gebedsbyeenkoms elke dag om 15:00 (SA-tyd) totdat Israel Hamas oorwin! Sluit by ons aan: on.icej.org/ICEJGlobalPrayer

2 Staan op vir Israel in jou nasie, hetsy deur jou steun deur die media uit te spreek, druk op jou regering uit te oefen of openbare saamtrekke te hou.

3 Maak skenkings om ons te help met die noodleniging- en ontruimingspogings. ICEJ-personeel gaan voort om voedsel, klere en ander noodlenigingshulp aan Israelse burgerlikes en soldate uit te deel. Daarbenewens haas ons ons om nog lewensreddende bomskuilings in die Israelse dorpe en stede naby Gasa te plaas. Skenk nou: icej.org.za/crisis 

ICEJ is namens Christene in die voorste linie van Israel se stryd! Maak seker dat jy ook jou
deel doen.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 12/11/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here