Artikelbron: maf.org

 

Ons het onlangs berig dat die drie sendelinge wat in Mosambiek moes aanbly nadat hulle voorwaardelik vrygelaat is, op pad is huis toe.

Die Amerikaanse MAF-vlieënier Ryan Koher is uiteindelik tuis nadat hy byna ‘n jaar lank onskuldig in Mosambiek gevange gehou is.

Koher en die twee Suid-Afrikaners, Willem du Plessis en Eric Dry, is daarvan beskuldig dat hulle insurgente in onbestendige dele van Mosambiek ondersteun het.

Die drie mans is verlede November in ’n maksimum-veiligheidsgevangenis in die hoofstad Maputo toegesluit. Koher het toe aan Christian Today gesê sy geloof in God gee hom krag. “Ek probeer elke dag oefen en bestee die meeste van my tyd om die Bybel te lees. Ek hoef nie lyding te vrees nie, want ek is verenig met Christus. Dit is vir my baie vertroostend, want ek weet Hy sal by my wees en dat hy ’n doel met alles het,” het hy in Januarie uit die tronk laat weet.

Al drie is toegelaat om die land te verlaat nadat ’n regter op 6 Oktober reisbeperkings opgehef het en toegelaat het dat hul paspoorte teruggegee word. Koher, sy vrou Annabel en hul twee kinders het hierdie week by die Boise, Idaho, lughawe aangekom en beplan om tyd saam met vriende en familie deur te bring.

Ondanks die feit dat hulle toegelaat is om terug te keer huis toe, is die ondersoek steeds aan die gang en die saak is nog nie afgehandel nie.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 24/10/2023
Foto: Mission Aviation Fellowship

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here