Artikelbron: CNE.news
“Die oorlog in Israel en in Gasa is ver van Europa af, maar die konflik laat ook spanning in talle Europese lande oplaai,” berig CNE.news
Hoewel daar nie direkte dreigemente aangemeld is nie, bestaan daar kommer oor veiligheid en is voorsorgmaatreëls getref. Europese regerings het grootliks steun vir Israel uitgespreek, maar sommige Jode en simpatiseerders met Israel voel steeds onveilig in van die Europese lande.
Openbare uitsaaiers in verskeie Europese lande is gekritiseer vir beweerde bevooroordeelde beriggewing wat as anti-Israel beskou word. In Noorweë het die openbare uitsaaier NRK ’n verslag gewysig ná sterk kritiek van die Joodse gemeenskap. Mediafoute, soos die aanvanklike waninterpretasie van ’n missielaanval op ’n hospitaal in Gasa-hospitaal as afkomstig van Israel, het tot hierdie kritiek bygedra. Dit het later geblyk dat die missiel deur Hamas afgevuur is en nie Israel nie.
Volgens die berig van CNE News het die Palestynse winkel in Bergen, Noorweë, se omset verdriedubbel, met mense wat demonstrasiemateriaal koop en Israel-verwante goedere boikot. In Duitsland was daar meer as 202 anti-Semitiese voorvalle ná die terroriste-inval deur Hamas. In Berlyn is ’n sinagoge met petrolbomme bestook en daar was botsings tydens pro-Palestynse betogings.
Switserland se Christen-Demokratiese groep EDU het ’n petisie begin om Hamas te verban en die petisie het volgens die CNE News-berig binne vyf dae 10 000 handtekeninge ingewin. Op politieke terrein het die Europese Parlement Israel se reg op selfverdediging ondersteun, hoewel stemme van protes teen Israel se hantering van die Palestynse kwessie van links gekom het.
In Nederland is daar onder linkse politieke groepe die spyt uitgespreek dat hulle ’n resolusie in die Nederlandse Tweede Kamer ondersteun het wat steun bied vir Israel se reg op selfverdediging. Die nuwe alliansie onder leiding van voormalige EU-kommissaris Frans Timmermans het aanvanklik vir die resolusie gestem, maar later om verskoning gevra en gesê dat hulle ’n ander keuse moes gemaak het. Die konflik in die Midde-Ooste is steeds ’n onderwerp van debat in talle Europese lande.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 23/10/2023
Foto slegs ter illustrasie: unsplash.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








