Geskryf deur: Voice of the Martyr Suid-Afrika www.persecutionsa.org Artikelbron:
Pema Ongmo (27) is in ’n animistiese familie grootgemaak en het nooit van Christus gehoor nie totdat ’n vriend die Evangelie met haar gedeel het en haar kerk toe genooi het.
Haar pa, ’n leier van die dorpie, het daarvan uitgevind en haar verbied om die Bybel wat die pastoor vir haar gegee het, te lees. Sy het egter die Bybel in die geheim begin lees en Christus begin volg.
Haar ma het siek geword en haar pa het al die gesin se geld spandeer op soek na ’n geneesmiddel vir sy vrou. Pema het vir haar pa gesê dat die Jesus waarvan sy in die Bybel gelees het, baie mense genees het. Haar pa het ingestem om sy vrou na die kerk te laat gaan, waar sy toe genees is.
Die hele gesin het uiteindelik hul vertroue in Christus geplaas. “Dankie vir die wonderlike Bybels wat jy vryelik aan ons gegee het,” het Pema gesê. “Ek dank u en vra die Here om u ryklik te seën!”
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 23/10/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.