Geskryf deur: VOM Suid-Afrika
Artikelbron: www.persecutionsa.org
’n Jong vrou wat in September 2022 vermoor is terwyl sy in die aanhouding van die Iranse godsdienspolisie was, het tot ’n spontane opstand gelei. “Iranse vroue wou hulle waardigheid terug hê,” het ’n Christen-werker gesê.
In Iran kan meisies so jonk as nege jaar oud gedwing word om in die huwelik te tree en ’n vrou se getuienis in die hof is slegs die helfte van ’n man s’n werd.
Christen-werkers berig dat die jong vrou se dood en die regering se gewelddadige reaksie op die betogings veroorsaak het dat talle Iraniërs toenemend ontnugter raak met die onderdrukkende Islamitiese regering en elders na die waarheid soek.
Hoewel die internet in Iran hoogs beperk en gemonitor word, word satelliettelevisie-uitsendings nie so streng beheer nie en vind talle Iraniërs die waarheid uit oor Christus danksy hierdie uitsendings.
“Ons het in die afgelope drie jaar meer bekerings geregistreer as in die afgelope 20 [jaar],” het ‘n Iranse Christelike uitsaaier onlangs gesê.
- Prys die Here vir die toenemende aantal nuwe Christene!
- Bid dat hulle sal groei om Bybelse dissipels te word.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 24/10/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerk van www.rawpixel.com aangepas.
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.