Artikelbron: cvandaag.nl

Alix Dorsainvil, die Christen-verpleegster wat onlangs in Haïti ontvoer en nou ook vrygelaat is, het vir die eerste keer van haarself laat hoor. In ’n verklaring sê sy onder meer ’n Christelike lied het haar deur haar ontvoering gedra.

In die kort verklaring wat sy op die webwerf van El Roi Haiti, haar man se stigting, geplaas het, het Dorsainvil gesê sy is “oorweldig” deur die ondersteuning en gebede vir haar en haar baba tydens en ná die ontvoering. “Ek bid dat wanneer ek die woorde kan vind om ons storie te vertel, dit daartoe sal lei dat die magtige naam van Jesus verheerlik word en dat baie mense sy liefde sal leer ken. Uit die diepte van my hart wil ek julle almal bedank vir julle liefde.”

Die verpleegster het nog nie gepraat oor die besonderhede van wat sy ervaar het nie. Sy praat wel oor ’n belangrike liedjie wat haar deur die moeilike oomblikke gedra het. Dit was “See a Victory” deur Elevation Music. “Hierdie lied was my strydlied in die moeilikste oomblikke,” skryf Dorsainvil. “In ’n deel van die lied sing hulle: ‘You take what the enemy meant evil and turn it for good’. Dit is wat God reeds doen en wat Hy sal aanhou doen.”

Drie weke gelede is Alix Dorsainvil en haar dogter van die kampus van die stigting waar sy werk, ontvoer. Sy het in die klein kliniek op kampus gewerk toe gewapende mans skielik by die kampus ingebars en beide Alix en haar dogter geneem het. Die ontvoerders het ’n miljoen dollar losprys geëis het in ruil vir die vrylating van Alix en haar dogters. Alix Dorsainville

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 18/03/2023
Foto: Facebook

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here