Artikelbron: www.evangelicalfocus.com
Majorka is een van die gunsteling-vakansiebestemmings van die Duitse en Britse toeriste van alle ouderdomme, duisende van hulle reis elke somer na die Spaanse eiland.
Meer as tien jaar lank reis jong Christene van Duitsland en Switserland ook na Majorka om deel te neem aan die Reach Mallorca–uitreikinisiatief en die Evangelie met ander te deel.
Vanjaar het 250 jongmense tussen 29 Julie en 4 Augustus kerkdienste en aktiwiteite op die strand gereël en toeriste gehelp. Daar was nog nooit tevore so ’n groot groep nie.
Stranddienste
Elke aand is daar kort dienste gehou op Platia de Palma, ’n strand baie naby aan ’n gewilde nagklub onder Duitsers, die Mega Park.
“Ons het ervaar dat daar ’n groot belangstelling in God en geestelike onderwerpe onder Duitse besoekers aan Majorka is,” sê Gernot Elsner, die medestigter van Reach Mallorca.
Op die meeste aande het sowat 150 tot 200 verbygangers geluister. As hulle wou, kon hulle iemand vra om vir hulle te bid.
View this post on Instagram
Musiek is ’n belangrike deel van die stranddienste / Reach Mallorca.
Benewens die stranddienste was daar elke aand baie van aangesig tot aangesig gesprekke en evangelisasie-aktiwiteite in die systraatjies.
Soos vorige kere is die stranddienste in samewerking met Spaanse kerke op die eiland gedoen en vanjaar was daar vir die eerste keer ook ’n gesamentlike diens op ’n “partytjieboot” by Cala Rajada, waar toeriste ook kon aansluit.
“Ons is bly dat ’n hegte vennootskap oor die afgelope twee jaar ontwikkel het,” wys Elsner uit.
Straatengele
’n Span van die “Reach Mallorca”-deelnemers het elke aand na die Britse partytjie-sone van Magaluf gegaan om daar saam met die Street Angels te werk, ’n bediening wat gedurende die nag na kwesbare mense omsien.
In Magaluf is die toeriste jonger as in die res van die eiland, baie is tieners. Hulle kom in groepe, nadat hulle hoërskool voltooi het of eerste jaar op universiteit is, om ’n week lank net te partytjie te hou en te drink.
Die Street Angels neem onder meer dronk toeriste veilig terug na hulle hotel, gee basiese noodhulp, waarsku mense teen die gevare, gee raad oor hoe om gesteelde of verlore items op te spoor of help hulle om op te hou drink.
“Ons wil net vir mense die praktiese liefde van Jesus wys. Ons glo dat, as Hy nou op aarde was, Magaluf ’n plek sou wees waar Hy sou bedien. Daarom wil ons daar wees; net om mense te help,” het Cameron Springthorpe, ’n Britse seiljagskipper wat in Majorka woon, verduidelik.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 18/03/2023
Foto’s: Gospel Tribe Facebook
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.