Geskryf deur: Cfan Suid-Afrika
Artikelbron: JUIG! Tydskrif
’n Spesiale gradeplegtigheid
Nadat hulle hul inisiasie voltooi en getoon het dat hulle toegewyde Geesvervulde evangeliste is, het
35 studente hulle graad tydens ’n spesiale seremonie by Die Bron-kerk ontvang. Evangelis Levi Lutz was daar om vir die studente te bid, hulle aan te spoor, te bemoedig en saam met die CfaN-personeel te seën om siele te gaan wen waarheen die Here hulle ook al mag stuur.
Die inwoning van die Heilige Gees
Diep vriendskapsbande is in die vuur van hierdie ervaring tussen die gegradueerdes gesmee. Die eenheid en liefde tussen hulle getuig van die werk van die Heilige Gees, ’n sigbare uitdrukking van wat dit beteken om Jesus te volg. Ons is so trots op elkeen van hulle en wens hulle geluk met die voltooiing van hierdie reis. Ons weet dat hulle getroue instrumente in die Here se hande sal wees.
Hierdie uitreike is in die strate vol prostitusie en dwelms van laerinkomstegebiede gedoen, in nagklubs en in die pragtige parke en op strande van die rykste voorstede van Kaapstad. Die studente het die Evangelie na die mense toe geneem – waar hulle hul ook al bevind.
Dit is nog maar net die begin!
Dink net wat met Suid-Afrika en plekke buite sy grense sal gebeur as al hoe meer arbeiders toegerus word en die oesland in gestuur word. Voorbereiding vir die volgende School of Evangelism is reeds in volle swang en die aansoeke stroom in. Ons wil meer hê – meer evangeliste, meer uitreike, meer kerke wat omsien na nuwe dissipels, meer reddings, meer genesings, en meer van die Here!
Moenie dit misloop nie
As jou hart brand om ’n doeltreffende evangelis te word, doen vir die volgende School of Evangelism in 2023 in Kaapstad aansoek by cfan.org/soeza
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 06/03/2023
Foto’s verskaf
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.