Artikelbron: www.premierchristianity.com

Die wenner van die afgelope Meesters-toernooi, Scottie Scheffler, het gesê sy Christelike geloof hou sy voete vas op die aarde.

Die gholfspeler het die toernooi die naweek by Augusta National vir die tweede keer gewen, met vier houe en 11 onder baansyfer.

Tydens sy perskonferensie het hy gesê sy Christenskap definieer hom eerder as om ’n gholfspeler te wees.

“Ek glo in ’n Skepper. Ek glo in Jesus … Ek is geroep om hier uit te kom, my bes te doen, mee te ding en God te verheerlik.”

Hy het erken dat hy graag wil wen, maar het ook gesê om ’n Christen te wees gee hom ‘n gevoel van perspektief. Scheffler het vertel dat toe hy vroeër die oggend met vriende gepraat het oor sy begeerte om te wen, het een van hulle hom herinner aan sy ewige oorwinning wat reeds deur Christus verseker is. Hierdie perspektief het sy fokus van die kompetisie af verskuif na die doelwit om die Here te verheerlik.

Die 27-jarige wat sy eersteling saam met sy vrou, Meredith, verwag, het gesê sy huislewe hou hom ook gegrond:

“Al waaraan ek kan dink, is om by die huis te kom. Dit is ’n spesiale tyd vir ons. Ek sal huis toe gaan, hierdie oorwinning indrink en die geboorte van my eersteling geniet. Ek sien uit daarna om saam met Meredith fees te vier – dit was ’n lang week sonder haar”

Terwyl hy en sy vrou nou op die koms van hulle eersteling wag, bly Scheffler se prioriteite geanker in sy geloof en familie.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 19/04/2024
Foto: wikipedia.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here