Geskryf deur:
Artikelbron: www.opendoorsuk.org
In Noord-Korea is vyf Christene by ’n geheime gebedsbyeenkoms in hegtenis geneem. Die polisie is
deur ’n informant in kennis gestel van die byeenkoms. Die lot van die vyf is onbekend.
Die vyf familielede het Sondag 30 April voor dagbreek bymekaargekom om Bybel te lees en saam te
bid op ’n plaas in Tongam, ’n dorpie in die middel van die land. Hulle het dit al voorheen gedoen,
maar dié keer het die polisie vir hulle gewag ná ’n wenk van ’n informant, het Radio Free Asia
verlede week berig. [adrotate group=”6″
Omdat die beoefening van godsdiens onwettig is in Noord-Korea, is die kans goed dat hulle na ’n
aanhoudingkamp gestuur is. Tydens die arrestasie het die polisie ook Christelike lektuur gevind. Dit is
nie duidelik waar die vyf aangehou word nie, maar hulle het glo geweier om hulle geloof te verloën.
“’n Hofbeampte het vir ons gesê dat die gelowiges geweier het om te sê waar hulle hul Bybels gekry
het en het ook gesê: ‘Alles vir Jesus, selfs in die dood’,” het ’n bron aan Radio Free Asia gesê.
Daar was meer as ’n eeu gelede nog ‘’ kerkgebou in Tongam, in ’n provinsie waar daar tot en met die
Tweede Wêreldoorlog meer as dertig kerke was. Ná die magsoorname deur Kim Il-sung in 1948, is
godsdiens verbied en baie kerke in Noord-Korea het ondergronds gegaan. [adrotate group=”7″
Noord-Korea is die moeilikste land om in te woon as ’n Christen, volgens Geopende Deure se
Wêreldwaarnemingslys van Christen-vervolging. Die kommunistiese land, waar ’n geskatte 400 000
Christene woon, is vir baie jare reeds boaan die ranglys.
Hoewel die hoofstad Pjongjang eens bekend was as die “Jerusalem van die Ooste”, word Christene
vandag geteiken vir hulle geloof. Enigiemand wat betrap word dat hy met medegelowiges ontmoet
of ’n Bybel besit, sal swaar gestraf word. Familielede word ook gestraf: hulle kan deportasie na ’n
arbeidskamp verwag of onmiddellik tereggestel word.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 13/06/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit opendoorsuk.org
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.