Geskryf deur: Radio Tygerberg 104fm 
Artikelbron: Artikel verskaf 

Met twee uitverkoopte vertonings, was dit duidelik dat die Suid-Afrikaanse gehoor steeds nie
genoeg kon kry van Michael W Smith, die liedjieskrywer en sanger se musiek nie.
Die veelbekroonde Michael W Smith, wat talle Grammy- en Dove-toekennings ontvang het, se
treffers soos “Let it rain”, “Open the eyes of my heart Lord”, “Above all” en “Waymaker” asook
stories van sy wêreldreis, het die gehoor in verwondering gehad.

Michael W. Smith beskryf Suid-Afrika as ’n baie spesiale plek en hy glo aan die potensiaal van die
land en sy mense. [adrotate group=”4″

Voor die finale vertoning in die GrandWest Arena in Kaapstad Saterdagaand, 10 Junie, het Michael
W. Smith met plaaslike kerkleiers en aanbiddingsleiers ontmoet om te gesels oor sy musiek en hoe
kerkleiers ’n praktiese verskil in hulle gemeenskappe kan maak. “Ek voel sterk daaroor dat ons werk
in ons eie kerke en gemeenskap nooit oor ons as mense moet gaan nie, maar dat alle eer aan God
behoort,” het hy gesê.

Hardus Zevenster, die hoof- uitvoerende beampte van die Bloudrukgroep wat Radio Tygerberg en
GrootFM90.5 insluit, was die organiseerder van hierdie geleentheid was en het alle Suid-Afrikaners
bedank wat die geleentheid bygewoon het. “Ons rol is om die geleentheid te skep sodat
konsertgangers ’n aanraking van God kan beleef. Die oorweldigende terugvoer wat ons tot dusvêr
ontvang het, getuig presies hiervan.” [adrotate group=”5″

Zevenster is opgewonde oor wat Radio Tygerberg 104FM vir 2024 beplan. “Ná die COVID-pandemie
ervaar ons dat Suid-Afrikaners uitgehonger is vir konserte wat opbou en stig. Daar is reeds gesprekke
wat gevoer word om volgende jaar twee internasionale toere na Suid-Afrika te bring. Meer inligting
hieroor sal later bekend gemaak word.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 13/06/2023
Fotos: facebook.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here