Geskryf deur: VOM Suid-Afrika
Artikelbron: www.persecutionsa.org
Mateo en Elena is kerkplanters in Sentraal-Meksiko. Hulle dorp is in ’n streek bekend as die “Sirkel van Stilte”, waar Christene gereeld teengestaan word deur diegene wat ’n sinkretistiese mengsel van Rooms-Katolisisme, animisme en die okkulte aanhang.
Die egpaar het vyandigheid vanuit die geledere van hulle gemeenskap ervaar weens hul getuienis vir Christus.
Hulle motorbande is met skerp voorwerpe gesny, hulle bankrekeninge is gekaap en hulle het onlangs ’n dreigbrief ontvang dat hulle hul evangelisasie-aktiwiteite te stop: “Eerste waarskuwing. Gaan weg. Julle mag nie preek nie, nie jy of jou vrou nie.”
Mans op motorfietse het hulle ook met gewere by hulle voordeur gedreig.
Die egpaar het twee jong dogters (vyfjaar en driejaar) en hulle oudste dogtertjie word by die skool geboelie weens haar Christelike geloof.
Bid saam met ons:
- Bid dat die hele gesin getrou sal bly aan Christus en vra dat God hulle sal versterk in hul moeilike omstandighede.
- Bid vir die mense wat hulle vervolg, dat hulle Christus as hulle Verlosser sal leer ken.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 12/06/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.