In ’n onlangse onderhoud op The Becket Cook Show het Victoria Mandylor, ’n Colombiaanse
lugwaardin, oor haar lewensveranderende reis na vryheid om Jesus Christus te vind, getuig.
Mandylor se lewe het ’n donker wending geneem toe haar oom haar begin misbruik het. Dit het haar
geloof in God laat wankel.
Sy het haar tot New Age-praktyke soos meditasie en joga gewend om die pyn te verwerk, maar dit
het haar aan demoniese ontmoetings blootgestel.
‘n Toevallige ontmoeting met musieksuperster Justin Bieber op ’n vlug het egter ’n saadjie van geloof
in haar hart geplant.
Bieber, bekend vir sy openlike evangelisasie, het Mandylor in ’n gesprek oor Jesus betrek en
Christelike aanbiddingsmusiek met haar gedeel.
Hoewel sy aanvanklik skepties was, het dit Mandylor ontroer toe sy afgekom het op ‘n YouTube-videogetuienis getiteld From Yoga to Christianity wat ooreenstem met haar eie ervarings.
Hierdie ontmoeting met Bieber en daaropvolgende ontmoetings met ander mense wat die
werklikheid van God gedemonstreer het, het Mandylor gelei tot ’n lewensveranderende oomblik
tydens ’n kerkdiens waar sy ervaar het dat die oorweldigende skuldgevoelens deur ’n bonatuurlike
liefde en vrede vervang is. Sy het daardie dag haar lewe aan Jesus oorgegee en haar nuutgevonde
geloof met Bieber gedeel toe hulle paaie weer gekruis het.
Mandylor het beklemtoon dat dit Bieber se eenvoudige en egte verduideliking van die Evangelie was
wat by haar aanklank gevind het.
Die onderhoud kan in sy geheel op YouTube gekyk word: http://www.facebook.com/JustinBieber
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 13/06/2023
Foto: www.facebook.com/JustinBieber
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.