Geskryf deur: Gerda Potgieter
Artikelbron: Artikel verskaf
Dit is dikwels Christen-organisasies wat na vore tree om areas skoon te maak wat lank afgeskeep en besoedel is – en ons loof hulle daarvoor.
Op 10 Junie het die aQuellé-KHULA-span van die KwaSizabantu-sending hande gevat met organisasies soos die Diepfontein Christen-skool en die Matjhabeng- munisipaliteit om die Saaiplaas-area in die Vrystaat skoon te maak. Byna 200 vrywilligers uit die gemeenskap het saam met lede van die departement landbou, visserye en die omgewing en plaaslike organisasies en maatskappye. Diegene wat aan boord gekom het, het ingesluit DW Prokureurs, Remax en Die Daaglikse Bakkery. Die skoonmaakspan het honderde sakke vol vullis langs die paaie bymekaargemaak.

aQuellé-Khula het die afgelope twee jaar landswyd aangesluit by meer as 50 gemeenskapsopruimings. In baie van hierdie dorpe en stede het plaaslike skole, munisipaliteite en omgewingsagentskappe en Christen-organisasies vrywillig aangesluit, met meer as 6 500 vrywilligers wat tot dusver deelgeneem het.
Die span is geesdriftig oor die projek en die positiewe uitwerking wat dit reeds in gemeenskappe gehad het. “Ons is opgewonde om deel te wees van ’n skoonmaakveldtog wat mense aanmoedig om na hulle omgewing om te sien. Dit was wonderlik om te sien hoe groot spanne entoesiastiese vrywilligers van die plaaslike gemeenskappe by ons aansluit om hul areas skoon te maak en herwinning te bevorder.

Alle aQuelle-bottels word gemaak van PET, wat 100% herwinbaar is, en ons kan plastiekbesoedeling saam klop. Ons was op ’n lewensverrykende reis en is dankbaar vir almal wat gehelp het,” sê Gladson Songelwa van aQuellé. “Dit is ’n voorreg om saam met plaaslike gemeenskappe te werk om ’n gelukkiger, gesonder ruimte te skep.”
Die Vrystaastse wyksraadslid in Saaiplaas, me. Veronica Mathenjwa, was vol lof vir die onbaatsugtige werk wat die span oor meer as 50 skoonmaakaksies gedoen het. Sy het daarop gewys dat die skoonmaakaksie in Saaiplaas ‘n groot sukses was en die gemeenskap aangemoedig het om voort te gaan om hul omgewing skoon te hou. “Dankie aan aQuelle dat julle op die unieke manier verskeie belanghebbendes bymekaar gebring het – gaan asseblief voort om dit ook op ander gebiede te doen,” het sy bygevoeg.

(Artikel verskaf deur Devoted tydskrif. Lees meer op die webtuiste: devotedmag.co.za en aquelle.co.za)
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 14/06/2023
Foto’s verskaf.
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








