Artikelbron: Artikel verskaf

Wild Canaan Ministry – ’n organisasie sonder winsbejag – het die mandaat van die Here ontvang om elke sport stadion in Suid-Afrika met PRAISE AND WORSHIP te vul.

“Die rede daarvoor is omdat ons glo die herstel van ’n gebroke stad of gemeenskap kan slegs gebeur wanneer ons ons harte en verhouding met die Here regkry. Dankbaarheid is nie altyd maklik nie, maar ons glo dat om dankbaar te wees ons deur hierdie moeilike tyd in ons land gaan dra en laat deurdruk,” sê Quinton de Vries, die van Wild Canaan Ministry.

Hierdie is die bediening se derde groot projek. Hulle het verlede jaar (19 Augustus 20200) die suksesvolle A NIGHT WITH THE KING aangebied met gaskunstenaar Jo Black en drie ander Lofsang-groepe in die land. Volgens die organiseerders het 14 500 mense die aan bygewoon en het ’n verdere 5 500 ingeskakel het op die regstreekse stroming op YouTube.

Vanjaar bied hulle dit by die TOYOTA-Rugbystadion in Bloemfontein aan. “Ons wil ’n lofsanggeleentheid aanbied wat hoop sal bring en mense sal inspireer. Ons glo dat geloof ’n opsie vir ons gemeenskappe is,” sê Quinton.

“Ons nooi kerke uit na die byeenkoms asook mense uit die omringende dorpies van die Vrystaat: Kom woon die geleentheid by om saam die Here te loof.”

Die groepe, THE SHELTER, VIRANDER, HERLEEF en ARNOLD DE WET gaan optree. Twintig kerke in Bloemfontein span ook kragte saam en gaan een band vorm om die aand saam die lofsang lei. Waar daar eenheid is gebied die Here sy seën!

Kaartjies kos vanaf R20

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 08/10/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here