Die oorlewingskundige en skrywer, Bear Grylls, het onlangs gedeel dat hy in die Jordaanrivier gedoop is. Hierdie heilige plek het groot betekenis aangesien dit is waar Jesus self deur Johannes die Doper gedoop is.

Bear Grylls het hierdie belangrike geleentheid entoesiasties op sy sosialemediaplatform, X (voorheen Twitter) gedeel en gesê: “Dit was nog altyd ’n droom van my om in die water te kom waarin Jesus deur my held Johannes die Doper gedoop is. Die storie is so wonderlik, en dit blyk dat waar Jesus ook al gegaan het, daar wedergeboorte, nuwe lewe en nuwe visie gevolg het. Lukas (in die Bybel) was waarskynlik ’n Siriese dokter voordat hy Jesus ontmoet het. Hy het ’n betroubare, treffende weergawe van sy [Jesus se] lewe geskryf. Dit is kort. Ek hou daarvan. #adventure #life #nevergiveup.”

Grylls, veral bekend vir sy rol in die program, Man vs. Wild, is uitgesproke oor sy Christelike geloof. Grylls dien as ’n ambassadeur vir die Alpha Course, ’n program wat individue aan die fundamentele beginsels van Christenskap bekendstel.

In ‘n onlangse onderhoud met die Christian Post het Grylls die hoofopskrifte gehaal deur sy oortuiging uit te spreek dat “Jesus deesdae met 99% van kerke sou sukkel.” Volgens sy mening moet Christene die aankweek van ’n persoonlike verhouding met God prioritiseer bo die nakoming van godsdienstige rituele.

Hy het gesê: “Ons taak in die lewe is om naby aan Christus te bly en die godsdienstigheid te laat vaar, die ‘fluff’ te laat vaar, die kerk te laat vaar as jy moet, want dit beteken in elk geval soveel verskillende dinge vir verskillende mense. Hou die deel van kerk wat gaan oor gemeenskap en vriende en eerlikheid en geloof en liefde. Al die maskers, optredes, musiek en aanbiddingsgroepe en al daardie soort dinge – ek dink nie Christus sal veel daarvan herken nie.”

In ’n wêreld waar beroemdes verstoot en vermy word omdat hulle vasstaan in God se Woord, is Bear onwrikbaar in sy geloof.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

Datum gepubliseer: 09/10/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here