Geskryf deur: Joshua Spurlock Artikelbron: www.bridgesforpeace.com 

Paraguay se president Santiago Peña het onlangs in die openbaar ’n begeerte bevestig wat hy al jare lank koester: om die Paraguayaanse ambassade in Israel terug te skuif na Jerusalem. En hy wil dit binnekort doen.

“Ek het Jerusalem bykans drie jaar gelede besoek,” het pres. Peña tydens ’n vergadering met Israel se premier Benjamin Netanyahu by die Verenigde Nasies in New York gesê. “Ek was net ’n politikus wat oor ’n ander Paraguay gedroom het. Ek het in daardie vergadering gesê dat Paraguay sy ambassade sal heropen en dit plaas waar dit hoort, in die stad Jerusalem.

“Ek is dus baie trots, mnr. Eerste Minister, om hierdie aankondiging te maak en dit so spoedig  moontlik te bewaarheid.”

Die Suid-Amerikaanse nasie het Israel voorheen in kennis gestel van die skuif, wat kom vyf jaar nadat Paraguay ’n vorige ambassade-verhuising na Jerusalem ongedaan gemaak het deur dit na Tel Aviv terug te verplaas. In reaksie hierop het Israel sy ambassade in Paraguay se hoofstad gesluit, ’n stap wat Netanyahu gesê het hy ook vanjaar sal omkeer.

“Die belangrikste ding wat ons dadelik gaan doen, is om die Paraguayaanse ambassade in Jerusalem te heropen en om die Israeliese ambassade in Asunción te heropen,” het Netanyahu in ’n persverklaring gesê. Sodra die skuif plaasvind, sal Paraguay die sesde nasie wees wat sy ambassade in Jerusalem het, wat by die Verenigde State, Guatemala, Honduras, Kosovo en Papoea-Nieu-Guinee aansluit.

Die ambassadebespreking het gekom terwyl die twee nasies die 75ste herdenking van die vestiging van diplomatieke betrekkinge tussen hulle gevier het.

 “Ons geskiedenis het ons bymekaar gebring; die hede bring ons bymekaar; maar die toekoms sal ons nader bring as wat ons ooit tevore was,” het die Suid-Amerikaanse president gesê.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 09/10/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerk aangepas vanaf www.pixabay.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here