Artikelbron: Artikel verskaf
Radio Tygerberg 104FM, Suid-Afrika se grootste Christelike radiostasie, veroordeel onomwonde die onlangse aanvalle wat deur die militante groep Hamas teen die nasie Israel geloods is. Ons spreek ons diep kommer uit oor die geweld in die streek en veroordeel enige organisasie wat hierdie aanvalle ondersteun.
Radio Tygerberg 104FM glo dat dit nooit aanvaarbaar is vir enigiemand, ongeag hul agtergrond of oortuigings, om geweld, verkragting, gyselaarneming of lewensverlies te verduur nie.
“As die Christen-stem erken ons die belangrikheid van Israel in die konteks van ons geloof en geskiedenis en bied daarom ons ondersteuning aan die nasie en sy mense gedurende hierdie uitdagende tyd,” sê Hardus Zevenster, die uitvoerende hoof van die Bloudruk Media-groep (insluitend Radio Tygerberg 104fM) en GROOTfm90.5). “Ons gebede gaan uit na die burgers van Israel en ons bid vir God se ingryping om sy volk te beskerm.”
Radio Tygerberg 104FM moedig die geloofgemeenskap van Suid-Afrika aan om saam met ons te bid vir vrede in die Midde-Ooste en die welstand van almal wat deur hierdie tragiese situasie geraak word.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 10/10/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.