Artikelbron: gatewaynews.co.za 

Voormalige hoofregter Mogoeng Mogoeng sal in Oktober die hoofspreker wees by die Time2RiseSA-byeenkoms wees. Die “verenig vir verandering”-geleentheid sal by die plaas, Wilde Als, naby Bloemfontein gehou word – dit was ook die plaas waar die eerste It’s Time-geleentheid aangebied is.

Die geleentheid wat van Vrydag 6 Oktober tot Sondag 8 Oktober aangebied word, “sal God se ‘magtige familie’ byeen bring om ’n koersaanpassing vir die nasie te begin terwyl ons Sy aangesig soek”, het dr. Arno van Niekerk, een van die leiers van Time2RiseSA, wat die geleentheid aanbied, gesê.

“Ons sal onsself voor die Here verootmoedig in aanbidding en gebed om oplossings te vind vir ’n nasie in desperate behoefte aan goddelike ingryping,” het hy gesê.

Die gesinsvriendelike geleentheid is gratis, maar daar moet  geregistreer word op die Time2RiseSA-webwerf waar daar ook inligting oor kampering en ander verblyfopsies is.

Die program vir die naweek is as volg:

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

Datum gepubliseer: 12/08/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here