Artikelbron: cne.news 

Gesins- en bevolkingsbeleid behoort hoër op die Europese Unie (EU) se agenda te wees volgens Hongarye. In Julie 2024 sal Hongarye die leierskap van die EU-raad oorneem en gesinsbeleid sal die middelpunt van sy missie wees, het Judit Varga in Mei op sosiale media gesê. Sy was destyds die Hongaarse minister van justisie, maar het onlangs uitgetree.

“Toe ons ons EU-prioriteite gedefinieer het, het ons die feit in ag geneem dat die demografiese krisis van die EU ’n ernstige impak op die mededingendheid van die Unie het,” het Varga aangevoer. “Dit bied ’n geleentheid om die demografiese en gesinsbeleidsonderwerpe tydens ons termyn in die presidensie ook op raadsvlak aan te roer,” het sy gesê, soos gerapporteer deur Euractiv.

Daar heers nog ’n debat oor die Hongaarse presidentskap van die EU-raad. Sommige partye sou verkies om die land oor te slaan en die presidentskap aan ’n ander lidstaat te gee.

Talle EU-lidlande het ’n dalende bevolking, dus is die kwessie van nasionale belang. In ‘n onlangse verslag van die Europese Kommissie word voorspel dat dié neiging sal voortduur, aangesien die vrugbaarheidsyfer onder Europeërs nou al ’n paar dekades lank daal. In 2021 was hierdie koers op 1,53 terwyl ’n koers van 2,1 nodig is om ’n bevolking te onderhou.

Namate dié kwessie al hoe meer aandag kry, het lidlande familiesake toenemend begin prioritiseer. Die Italiaanse premier Giorgia Meloni en haar party het byvoorbeeld die aktiwiteite van die land se ministerie vir die gesin, geboorte en gelyke kanse ’n hupstoot gegee. Hulle het die hoeveelheid ouerskapsverlof van 30 tot 80 persent verhoog en belowe om nog maatreëls in te stel.

In Griekeland is die Gesinsbediening pas gestig om jong paartjies en gesinne te ondersteun.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 11/08/2023
Foto slegs ter illustrasie: Pixabay

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here