Artikelbron: www.usatoday.com

’n Verpleegster en haar dogter wat in Haïti ontvoer is, is vrygelaat. Die ontvoering het geskied te midde van die chaos en bendegeweld wat die land teister.

Alix Dorsainvil (31) en haar dogter is vrygelaat nadat hulle in die hoofstad van Haïti aangehou is, luidens ’n verklaring van El Roi Haiti, ’n humanitêre groep. Dorsainvil is ’n gemeenskapsverpleegster vir die groep en is getroud met die direkteur, Sandro Dorsainvil.

Dorsainvil en haar dogter is op 27 Julie deur ongeïdentifiseerde gewapende mans buite die tydelike kliniek naby Haïti se hoofstad Port-au-Prince ontvoer.

“Dit is met ’n hart van dankbaarheid en groot vreugde dat ons by El Roi Haiti die veilige vrylating bevestig van ons personeellid en vriend, Alix Dorsainvil en haar kind wat gyselaar gehou is in Port au Prince, Haïti. Vandag loof ons God vir verhoorde gebede,” het die bediening in ’n verklaring gesê.

Geen inligting oor die ontvoerders, insluitend of hulle in aanhouding is of ’n losprys ontvang het, is bekend gemaak nie.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 11/08/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here