Artikelbron: opendoorsuk.org
’n Vlaag van geweld het Kongolese Christene vandeesmaand getref. Tientalle Christene is dood in aanvalle deur ADF-vegters. Die toenemende aggressie veroorsaak ongelukkig dat baie gelowiges terugkeer na tradisionele godsdiensoortuigings.
Dit het nou bekend geword dat minstens vyftien Pinkster-gelowiges, insluitend die pastoor, Maandag 5 Februarie deur ADF-rebelle in die dorpie Manzia vermoor is. Pastoor Alphonse Mumbere (37) laat sy vrou wat vier maande swanger is en drie kinders agter. Twee evangeliste, Saasita Baraka (34) en Seli Schak (40), is ook vermoor.
In nog ’n aanval naby Mangina in die noordooste is ’n pastoor en minstens vyftien kerkgangers dood toe hulle tydens die oggenddiens deur ADF-vegters aangeval is. Minstens agt mense is in die kerk dood. Die kerkgangers het probeer vlug, maar talle is buite die kerk doodgeskiet. Geopende Deure-vennote vrees dat die aantal sterftes baie hoër is as wat aangemeld is.
Die toenemende geweld het ongelukkig baie Christene in die noordoostelike provinsies gedryf om na tradisionele godsdienste terug te keer. “Hulle sê dit is beter om die beskerming van hierdie tradisionele gode te hê, want die situasie is sleg,” verduidelik pastoor Kambale Aristoteles. “Die voortgang van God se Woord word belemmer omdat mense dink God sal nie ingryp nie. Daarom is jou gebed van uiterste belang om die Christene in Mangina en ander dorpe te versterk en te troos. Ons dank jou byvoorbaat, in die vertroue dat jy vir ons sal bid.”
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 22/02/2024
Foto: opendoorsuk.org
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.