Artikelbron: Artikel verskaf
Wat behels Helpende Kerke?
Solidariteit Helpende Hand het in 2019 vir die eerste keer ’n Helpende Kerke-kongres gehou. Die rede: Helpende Hand doen gemeenskapsontwikkeling, en die sterkste struktuur in ‘n gemeenskap is die kerk.
Waar kerke in gemeenskappe werksaam is, groei en ontwikkel die gemeenskappe. Daarom is ‘n nou verbintenis tussen Helpende Hand en kerkstrukture vanselfsprekend en logies. In daardie eerste kongres is baie sterk gefokus op die belangrike rol daarvan om te netwerk, saam te werk, saam te dink, saam te beplan en wat die praktiese implikasies daarvan is as kerk en gemeenskap, kerk in gemeenskap word.
Solidariteit Helpende Hand kan nie die diakonale diens wat kerke binne hul gemeenskappe moet lewer vervang nie. Die Helpende Kerke Kongres het die platform geskep om kennis en hulpbronne binne ’n gemeenskap te deel wat volhoubare gemeenskapsontwikkeling tot gevolg het.
Jou gemeente kan betrokke raak!

NUWE INISIATIEF VIR 2024
Vanjaar is daar ’n nuwe inisiatief om in die verskillende streke ook op kleiner skaal hande te vat met vele kerke en saam die gemeenskap te dien.
KERKE-ONTBYT IN DIE VAALDRIEKHOEK-STREEK
Solidariteit Helpende Hand nooi jou as leier van jou kerk uit om saam met ons ons eerste kerke-ontbyt van vele te geniet! Ons gaan met Hannes Noëth gesels oor hoe belangrik netwerke in ons gemeenskappe is en hoe ons en die kerke saam op ’n volhoubare wyse betrokke kan wees. Indien jy dit nie self kan bywoon nie, stuur gerus ’n ander lid van julle gemeente.
Om hierdie een by te woon kontak Bionita by 0670351686. Ons sien uit om jou daar te sien!
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 22/02/2024
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








