Artikelbron: koinoniasinode.org.za 

“Die NG Kerk het ’n krisispunt bereik en dit is tyd dat lidmate en predikante eens en vir altyd tussen die “ware” en die “valse” kerk kies,” sê die Koinonia-sinode. Die sinode bestaan tans uit 56 NG-gemeentes.

Onlangs was die Strand-gemeente in die Wes-Kaap die sesde gemeente wat hom losgemaak het van die Algemene Sinode. Die Tafelberg-gemeente van Kaapstad was die eerste om hom van die Algemene Sinode “los te maak”, daarna het die Leeuwberg-, Vanstadensrus-, Kestell-, Kempton Krag-gemeentes gevolg. Dr. Anton Knoetze, die voorsitter van die Koinonia-sinode en Kairos Netwerk sê dat daar na verwagting nog gemeentes sal wees wat hierdie pad gaan volg nadat die Koinonia-sinode se konsepdokument vir Skrifgetroue NG-gemeentes en -lidmate se pad vorentoe nou beskikbaar gestel is.

Volgens die konsepdokument sal behoudende gemeentes nou “vrygemaakte gemeentes” genoem word en gemeentes wat deel bly van die AS “vrysinnige gemeentes” wat “die gesag van God ondermyn”. Die konsepdokument sê voorts: “Ons kan nie langer ’n kerkverband koester wat poog om warheid en leuen onder een dak te huisves nie. Ons skort nie ons verband met die NG Kerk op nie, maar wel met die Algemene Sinode asook ander kerkvergaderings wat nog wil voorgee dat hulle die NG Kerk verteenwoordig, maar nie meer die merktekens van die ware kerk dra nie en nie meer getrou is aan die belydenisgrondslag van die NG Kerk nie en ook nie aan die beloftes wat toegang gee tot ons kerklidmaatskap en diens in die besondere ampte nie. Ons erken ook nie meer die teologiese fakulteite wat voorloop op hierdie pad van dwaling nie.

“Let Wel: Ons is egter nie klaar met die NG Kerk en kerkverbande (soos ringe en sinodes) wat ten spyte van vele swakheid en gebreke, tog nog opreg strewe om getrou te bly aan die merktekens van die ware kerk nie. Soos wat daar vóór die ontstaan van die AS in 1962, volkome selfstandige NG Kerke en kerkvergaderings was, so behou ons ook nou ná en tydens die opskorting steeds ons identiteit as NG Kerk.”

Laai die volledige konsepdokument hier af: 2024_KSDG__Die_Pad_Vorentoe

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 22/02/2024
Foto slegs ter illustrasie: freepik.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here