Artikelbron: opendoors.nl
Viëtnam volg nou China se voorbeeld met ’n rigiede styl van regeringstoesig oor godsdienstige aktiwiteite.
“Twee nuwe regulasies toon duidelik dat Viëtnam se kommunistiese regering China se voorbeeld volg met dieselfde benadering om staatsveiligheid eerste te stel in beleidsdoelwitte,” sê Geopende Deure Nederland-navorser, Thomas Müller.
China dwing kerke om gehoor te gee deur streng, nasionalistiese wetgewing en aaneenlopende kameratoesig. Ander lande met outoritêre regerings volg die voorbeeld.
In Viëtnam het “Dekreet 95” op 30 Maart in werking getree. Hierdie dekreet maak dit makliker vir die regering om godsdiensorganisasies en opvoedkundige instellings te sluit. Die maatreël verhoog ook Viëtnam se greep op plaaslike en internasionale fondsinsameling. Organisasies moet onmiddellik enige veranderinge in ligging en personeel rapporteer.
“Hoe dit in die praktyk sal werk, moet nog gesien word, maar dit is regverdig om te sê dat beheer oor godsdiens verskerp is,” het Müller gesê.
Riglyn 24 gaan oor die beskerming van Viëtnam se nasionale veiligheid teen menseregtegroepe. Die Viëtnamese menseregte-organisasie Project 88 het bevind dat hoewel godsdiensminderhede nie sentraal tot Riglyn 24 staan nie, hulle steeds deur hierdie regulasie geraak word. Die regering wil die aktiwiteite van die burgerlike samelewing en die implementering van menseregte ernstig beperk.
Die menseregtegroep verwag dat diskriminasie teen etniese en godsdiens minderhede in Viëtnam “sal voortduur, indien nie toeneem nie.” Die owerhede sal byvoorbeeld optree teen die skepping van vakbonde op grond van etnisiteit of godsdiens. Verder moet daar ‘n nasionale kultuur wees wat die kulturele waardes van die Kinh-meerderheid verhef bo die kulture van etniese minderhede in die land. Nege uit tien Viëtnamese behoort aan die Kinh-stam.
Müller sê voorts: “In baie konkrete terme het Viëtnam twee Hmong-politieke organisasies wat in die Verenigde State gebaseer is op die lys van terreurgroepe geplaas.
Die oorwegend Protestantse Hmong bly dus heeltemal in die visier van die owerhede. Die jaar 2023 het getoon dat Hmong-kerkaktiwiteite dikwels deur owerhede beskou word as politiek van aard eerder as dat die Hmong hul reg op vryheid van godsdiens uitoefen.”
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 10/04/2024
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit: freepik.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.