Artikelbron: Facebook 

Die evangelis Torben Søndergaard is ná meer as ’n jaar van tronkstraf in Amerika na Denemarke gedeporteer, volgens ’n boodskap op sy Facebook-blad.

“Hy is volgens standaardprotokol deur twee Amerikaanse immigrasiebeamptes tot in Denemarke begelei. Die beamptes het hom met waardigheid en respek behandel. Met sy aankoms in Denemarke is hy onderwerp aan normale paspoortbeheer en is toegelaat om dadelik om te draai en na ’n ander land te vlieg. Hy is nou vry en is veilig met sy gesin herenig,” lui die plasing op Facebook.

Torben woon ’n geruimie tyd lank nie meer in Denemarke nie. “Nou kom ’n tyd van nodige rus en genesing, en dankbaarheid aan God dat die pynlike tydperk in die tronk verby is,” aldus Facebook.

Ter afsluiting van die verklaring word daar versoek dat Torben se privaatheid gerespekteer moet word en dat hy nie op die oomblik enige oproepe of vrae sal beantwoord nie. ’n Perskonferensie sal binnekort volg. Daar is ook gevra vir “gebed vir die gesin en die deurlopende asielaansoek sodat die gesin na Amerika sal kan terugkeer.

Søndergaard is meer as ’n jaar lank in Amerika in die tronk aangehou en dit is steeds onduidelik hoekom die charismatiese leraar so lank aangehou is en wat rondom die spreker en sy bediening The Last Reformation aangaan. Van die eerste aanklagte was dat hy glo ’n wapensmokkelaar sou wees, maar hy en sy vrou het dit ten sterkste ontken.

The Last Reformation is ’n wêreldwye beweging wat daarop gemik is om die Christendom terug te laat keer na die boek Handelinge. Torben het die Jesus-sentrum in Denemarke begin, wat dissipels van verskillende lande opgelei het om die Evangelie oor die hele wêreld te versprei. Søndergaard en sy gesin het landuit gevlug met niks anders as hul tasse teen vervolging vir beweerde kindermishandeling in Denemarke nadat die gesin hulle kinders tuis begin onderrig het. Hulle het in 2019 aansoek om gedoen vir politieke asiel in Amerika.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 21/08/2023
Foto: Facebook

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here