Geskryf deur: Lourieke Haller Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Die boek, LUISTER God se stem in my lewe Luister/| LISTEN God’s voice in my life is besig om presies dit te vermag wat die skrywer, Karien Basson, beoog het.
“Ons is so dankbaar teenoor elke sportster wat ’n bydrae in die boek gemaak het en hulle harte en stories met ons gedeel het. Ons is ook dankbaar vir Bargain Books SA en die publiek van Suid-Afrika! In net vier weke het ons die Top 50-topverkoperlys in Bargain Books gehaal en byna 4 000 boeke aan al die boekwinkels soos CUM Books, Exclusive Books, Wordsworth Books verkoop,” sê Karien.
“Ons sien hoe siele bereik word en hoor aangrypende getuienisse,” sê sy.
Die goeie nuus is dat LUISTER God se stem in my lewe Luister/| LISTEN God’s voice in my life nou ook aan al die Suid-Afrikaanse vriende en familielede oorsee beskikbaar is!
Beide die Afrikaanse en Engelse weergawe is nou op Amazon en Barnes & Noble beskikbaar is. Plaaslik is die boeke ook aanlyn beskikbaar by joygifts.co.za en Takealot.
Koop jou eksemplare van hierdie pragtige boek by JOY Gifts:
“Hierdie boek sal jou inderdaad bewus maak van die feit dat daar mense is wat deur dinge in die lewe gegaan het … sportmense wat erken dat hulle nie kan bereik wat hulle bereik het sonder God in hul lewe nie.” – Grant Lottering
Kyk gerus hier na die fietsryer, Grant Lottering, se inspirerende boodskap
In LUISTER. God se stem in my lewe, jy ontdek die karaktertrekke van ’n lewende God deur die oë en lewenservarings van Suid-Afrikaanse sportfigure soos Neil Powell, Duane Vermeulen, Sandile “Stix” Ngcobo, Vernon Philander, en Mignon du Preez.
Skrywer Karien Basson vertel die passievolle stories oor almal se liefde vir sport, hul uitdagende tye en ’n persoonlike ontmoeting met God uit die harte van bekende sportmense. Stap saam met 40 verskillende sportsterre deur hulle lewens.
Hierdie boek is vir elke persoon wat een of ander tyd aan homself getwyfel het en aan die genade van ‘n lewende God getwyfel het.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 20/08/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.