Artikelbron: JUIG! Tydskrif 

Ekseem en kontakdermatitis kan ’n frustrerende en ongemaklike veltoestand wees, veral wanneer daar oënskynlik geen oplossing vir die probleem is nie. Die goeie nuus is dat die BluLyte Wound Care Cleanser en die nuwe BluLyte Wound Care Nanogel ’n oplossing bied wat verligting bring en help met die genesing en beskerming van die vel. Beide die Wound Care Cleanser en die Nanogel bevat ’n hipochlorigsuur-oplossing met mikropartikels vir beter absorpsie in die vel. Die Nanogel bevat ook gliserien en trehalose, wat help om die aangetaste area vogtig te hou tydens die genesingsproses.

Merkwaardige resultate
Met sy kragtige bestanddeel, hipochlorigsuur (HOCl), bekamp BluLyte Wound Care Cleanser en die Nanogel rooiheid, inflammasie en die gejeuk wat met ekseem en velprobleme soos psoriase gepaard gaan. BluLyte maak sagkens skoon en voorkom dat die toestand opvlam, wat dit ’n ideale keuse maak vir dié wat langtermynverligting benodig. Die merkwaardige resultate wat met die ontwikkeling van HOCl behaal is, is onmiskenbaar. Kliniese studies het getoon dat HOCl-behandeling lei tot ’n vermindering van die inflammatoriese reaksie weens ’n afname in inflammatoriese sitokiene in aangetaste velweefsel.

Wat anders kan jy doen om jou liggaam te help?
Benewens die gebruik van BluLyte-produkte, is daar ander stappe wat jy kan doen om jou liggaam met die genesingsproses te help. Veranderinge in jou dieet kan ’n beduidende rol speel, aangesien sekere kosse soos koring, suiker, suiwelprodukte, kleurstowwe, MSG’s, kafeïen of gluten, ekseemsimptome kan vererger. Die identifisering en vermyding van hierdie snellers kan help om die toestand te bestuur.
Dit is ook belangrik om bedag te wees op die produkte wat jy daagliks gebruik, aangesien baie van hulle skadelike chemikalieë bevat wat ekseem kan veroorsaak of vererger. Deur die etikette te lees en sagter, omgewingsvriendelike alternatiewe te begin gebruik, kan jy jou liggaam en vel aansienlik bevoordeel.

Bevordering van algehele velgesondheid
BluLyte Wound Care Cleanser en BluLyte Nanogel is ’n betroubare en doeltreffende oplossing vir ekseem en kontakdermatitis, allergiese velreaksies, sonbrand en inflammasie aangesien dit simptome verlig en algemene velgesondheid bevorder. Deur die krag van hipochlorigsuur met natuurlike bestanddele te kombineer, bied BluLyte-produkte ’n veilige nietoksiese opsie vir dié wat langdurige verligting en ’n beter lewenskwaliteit wil hê.

Bykomende voordele
Die Wound Care Cleanser en die Nanogel kan gebruik word vir minder ernstige gevalle soos snye, sere en skaafplekke of vir meer ernstige gevalle soos druksere, diabetiese ulkusse en postchirurgiese wonde. Ons produkte vul mekaar aan en ons beveel dus aan dat die Nanogel saam met die Blulyte Wound Care Cleanser gebruik word.

Verligting is binne bereik
Onthou, verligting is binne bereik en jy verdien om die vryheid van ’n gesonde vel te ervaar. Om meer te wete te kom oor BluLyte en die volledige reeks produkte, besoek blulyte.com, e-pos
info@blulyte.co.za of whatsapp 072 959 1365 vir meer inligting.

Getuigskrifte van tevrede kliënte
Die positiewe uitwerking van BluLyte Wound Care Cleanser en die BluLyte Nanogel vir individue wat met ekseem en kontakdermatitis sukkel, is te sien in hierdie getuigskrifte van tevrede kliënte.

Domenique – “My seun sukkel al jare lank met ekseem en as hy swem, maak die chloor in die swembad sy vel droog en laat hom jeuk. Binne twee dae nadat hy die pas vrygestelde BluLyte Nanogel gebruik het, was sy bene en arms weer normaal. Ek het ook die BluLyte Cleanser en ’n bevogtiger gebruik wat nie enige skerp chemikalieë bevat nie. Ek is so bly dat hy die afgelope paar maande nie meer kortisoonroom hoef te gebruik nie!”

Sonja – “My seun en dogter ly van jongs af aan ekseem. Ek is verheug dat ons uiteindelik ‘n oor-die-toonbank-produk gevind het wat werklik goed werk. Ons gebruik ’n kombinasie van die ULA Skin Rejuvenator, skuimwas en versperringsroom, asook die BluLyte Cleanser en BluLyte Nanogel. Dit is die enigste produk wat werk vir ons kleindogter wat ook aan ekseem ly. Ons het merkwaardige verbetering gesien. Uiteindelik is daar ’n volkome natuurlike produk wat ook doeltreffend is!”

Louis – “My vriend kon weens die ekseem op sy hande nie ’n vuis maak nie. Nadat hy twee weke lank die BluLyte Cleanser op sy hande gespuit het, kon hy weer ’n vuis maak en ’n bokssak slaan.”

Chris – “Ek het nog altyd gesukkel met kontakdermatitis op die palms van my hande. Die gebruik van die BluLyte Cleanser het my groot verligting gegee.”

Kevin – “Ek ly aan ekseem onder my voete. Sedert ek BluLyte Cleanser en Nanogel begin gebruik het, verdwyn die ekseem baie vinnig as dit weer opvlam. BluLyte verlig die jeuk en verminder inflammasie byna onmiddellik.”

Lindi – “My seun ly aan ’n grondboontjie-allergie en wanneer hy met selfs die geringste bietjie daarvan in aanraking kom, kry hy ekseem om sy mond. Hy het die BluLyte Woundcare Cleanser gebruik en onmiddellike verligting en baie vinniger genesing ervaar.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 02/07/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit freepik.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here