Deur: BluLyte Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Intensiewe mediese terapieë, soos bestraling en chemoterapie vir kankerpasiënte, is van onskatbare waarde om pasiënte se lewens te red. Tesame met die lewensreddende voordele van hierdie behandelings is daar egter dikwels ’n string newe-effekte wat pasiënte se lewenskwaliteit kan beïnvloed: van velirritasie en die vorming van blasies tot wonde wat stadiger genees en beduidende littekens. Die bestuur van hierdie newe-effekte is noodsaaklik vir die welstand, gerief en selfvertroue van individue wat ingrypende behandeling ondergaan.
Verlig newe-effekte
Daar is toenemend belangstelling in aanvullende benaderings om hierdie ongewenste newe-effekte te verlig. Hipochlorigsuur (HOCl), ’n stof wat natuurlik voorkom en antimikrobiese, anti-inflammatoriese en wondgenesende eienskappe het, kan die oplossing wees vir verligting van die onaangename newe-effekte.
’n Natuurlike benadering
Die gebruik van HOCl in samewerking met tradisionele terapieë vir groot mediese behandelings soos veloorplantings, brandwonde en kankerbehandeling het aandag getrek vir die potensiële voordele daarvan. HOCl, bekend vir sy antimikrobiese en selregenerasie-eienskappe, bied ’n natuurlike benadering om die genesingsproses te verbeter en die risiko van infeksie te verminder.
Verbeter die genesingsproses
Met veloorplantingswonde kan HOCl help om ’n optimale omgewing vir suksesvolle hegting te skep en die genesing van die nuut oorgeplante weefsel te bevorder. HOCl se antimikrobiese eienskappe help om infeksie van brandwonde te voorkom en help die wond vinniger genees. Daarbenewens kan HOCl verligting bied vir dié wat bestralingsbrandwonde het deur die vel te streel, inflammasie te verminder en weefselregenerasie te bevorder. As bykomende terapie hou dit belofte in vir beter eindresultate en om die algehele genesingsproses van pasiënte wat hierdie behandelings ondergaan, te verbeter.
BluLyte Wound Care-oplossing
Danksy die wonderlike vermoëns van hipochlorigsuur, kan BluLyte – ’n HOCl-gebaseerde wondsorgoplossing – pasiënte help wat intensiewe mediese prosedures ondergaan het. Hoewel daardie terapieë dikwels die voorsteliniebehandelings in siektes soos kanker is, laat dit pasiënte met ongewenste newe-effekte, soos in die geval van Natalie Williams.
Bestralingsbrandwonde
Nadat sy in 2006 met borskanker gediagnoseer is, het Natalie verskeie behandelings ondergaan. Sy het ’n mastektomie ondergaan, gevolg deur bestraling, wat haar met bestralingsbrandwonde gelaat het – ongelukkig ’n algemene newe-effek van bestralingsterapie.
Onverklaarbare blasies
Ongeveer vyf jaar gelede het Natalie se liggaam ná haar tweede ronde chemoterapie klein waterblasies ontwikkel wat die vel op haar borskas grof laat voel het. Haar radioloog en onkoloog kon nie verduidelik hoekom die blasies gevorm het of hoe om dit te behandel nie. Sy was moedeloos aangesien sy meegedeel is dat sy met dié newe-effek van haar kankerterapieë sou moes saamleef.
Aangenaam verras deur die produk
Natalie het BluLyte Wound Care op 25 Februarie 2023 begin gebruik; die blasies het binne ’n week verdwyn. Selfs ’n paar maande later is daar steeds geen teken van hulle nie en haar vel is weer sag en glad. Natalie is nou in remissie en is aangenaam verras deur die verandering danksy BluLyte. Sy het vir die eerste keer sedert 2006 ’n pragtig geneesde vel.
Passievol om ’n verskil te maak
By BluLyte is ons passievol daaroor om ’n verskil te maak in gevalle soos dié van Natalie en om almal ’n kans te gee om weer ’n gesonde lewe te lei. Natalie se getuienis bewys dat die waarde van ’n doeltreffende wondsorgoplossing onmeetbaar is vir dié wat aan chroniese wonde en toestande ly.
Verbeterde doeltreffendheid
BluLyte Wound Care kan as behandeling op sy eie gebruik word, tesame met groot mediese terapieë of saam met antibiotika en swamwerende middels. Danksy die insluiting van HOCl, kan BluLyte enige biofilm (mikroörganismes) wat teenwoordig is, verwyder en beter penetrasie en doeltreffendheid van die antimikrobiese medikasie moontlik maak.
Genesing van verskeie wonde
BluLyte Wound Care se spesiaal geformuleerde oplossing help met die genesing van verskeie tipes wonde, insluitend diabetiese ulkusse, beenabsesse, postchirurgiese wonde, eerste- en tweedegraadse brandwonde, veloorplantings, fase I- tot -IV-drukwonde, ligte skaafwonde, diep snywonde en insekbyte. BluLyte-produkte help ook om inflammatoriese veltoestande soos ekseem, aknee, roosaknee (rosacea) en dermatitis te behandel en te kalmeer.
Kry jou eie bottel!
As jy op soek is na die regte wondsorgbehandeling vir jou behoeftes, besoek blulyte.com. E-pos info@blulyte.co.za of whatsapp 072 959 1365 om meer te wete te kom oor die BluLyte-reeks van produkte.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 27/05/2023
Foto slegs ter illustrasie.
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.