Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Ek het in die hospitaalkamer gelê en my gestaal vir een van die pynlikste prosedures wat ’n mens moontlik kan ondergaan – ’n beenmurgbiopsie,” vertel Cornelia de Bruto. “Ek het niemand van die dokters se vermoede vertel nie, nie eens my kinders nie. Ek wou hulle nie onnodig bekommer nie. Dit was dus ek en Jesus. Hy het my egter in ons gesprekke in die vroeë oggendure verseker van sy liefde en dat Hy my nie verlaat het of alleen los in hierdie uur nie. Ek het ervaar dat ek onder my Vader se vlerke skuil.
‘Ons is klaar, mevrou…’ Nie ek of die dokter wat die prosedure gedoen het, kon glo dat ek niks gevoel het nie! Dít was die eerste wonderwerk…”
Albei in die hospitaal opgeneem
Cornelia en haar man, Hendrik, het in 2021, een dag ná mekaar, in die hospitaal beland met COVID. “Ons kon mekaar nog ’n paar dae lank in die COVID-saal sien, maar hy moes na die intensiewesorgeenheid verskuif word omdat sy toestand so versleg het. Ek was self ernstig siek en het gesukkel om asem te kry omdat my longe skade opgedoen het.”
Cornelia en Hendrik vier hul huweliksherdenking in die hospitaal.
’n Verskuilde siekte
Dit was gedurende hierdie tyd toe hulle gereeld bloed moes trek om haar infeksievlakke te meet, dat een baie oplettende dokter ’n ernstige afwyking met haar bloed opgemerk het en sy ná die biopsie met chroniese limfositiese leukemie (CLL) gediagnoseer is. Dit is in ’n baie vroeë stadium ontdek – die tweede wonderwerk…
’n Donker tyd
“Dit was ’n baie donker tyd, my longe het skade opgedoen, ek is met CLL gediagnoseer en ek is huis toe met ’n suurstofmasjien. My man is ongelukkig kort daarna ook huis toe – nie na my toe nie, maar na ons Vader. Die Here het egter vir my Psalm 139:5 gegee: “Van agter en van voor omsluit U my; U plaas u handpalms op my” (Ps 139:5). The Passion Translation stel dit so mooi: “You’ve gone into my future to prepare the way, and in kindness you follow behind me to spare me from the harm of my past,” getuig sy.
Dankbaar vir tablette sonder newe-effekte
Sy het dadelik tuis weer haar Mega Oxygen-tablette begin drink en stadig maar seker kon sy haarself van die suurstofmasjien speen. Aanvanklik het sy baie gou uitasem geraak wanneer sy stap en moes steeds ’n rystoel gebruik.
Sy getuig egter: “Ek is nou ’n jong 80-jarige wat die trappe na my woonstel op die eerste verdieping kan klim, ek doen my eie inkopies en ry rond om by vriende en familie te gaan kuier. Ek neem egter steeds elke dag my Mega Oxygen-tablette, want ek voel dit onmiddellik die dag as ek vergeet om dit te doen. Ek het dan geen energie nie en my asem jaag. Mega Oxygen help my met die suurstofvlakke in my liggaam. Ek is dankbaar teenoor die Here vir hierdie wonderlike tablette wat my help, sonder enige newe-effekte.”
Bloedtelling bly feitlik normaal
Die derde wonderwerk is dat haar bloedtelling feitlik normaal bly, al was die verwagting dat die witbloedseltelling stadig maar seker sou begin klim. Cornelia gaan elke drie maande vir haar ondersoek en die dokter is elke keer uiters tevrede met haar bloedtelling. “Dit het sedert die eerste besoek selfs gedaal na feitlik normaal en klim nie soos die verwagting was nie, maar bly binne ’n baie goeie vlak. Ek het ook nie al die ander newe-effekte wat met hierdie leukemie gepaard gaan nie. Ek slaap goed, eet goed en het energie.”
Eerste dag terug by die huis nadat sy uit die hospitaal ontslaan is.
‘Die Here het nog werk vir my om te doen!’
“Ek dank die Here vir sy sorg oor my. Hy het my daar in die hospitaal belowe dat Hy my man sal wees en voor my sal uitgaan. Danksy die Here se goedheid en met die hulp van Mega Oxygen, het ek steeds ’n goeie lewenskwaliteit. Al het my longe skade gely, is ek nie van ’n suurstofmasjien afhanklik nie en kan ek my lewe voluit leef, want die feit dat ek nog hier is, beteken dat die Here nog werk het vir my om te doen!”
Groot hulpmiddel vir dié met verminderde longfuksie
Wanneer Mega Oxygen saam met water geneem word, breek die kapsule in die spysverteringstelsel af en stel die inhoud aan water bloot. Sodra die magnesiumperoksied in kontak kom met water stel dit die suurstof vry wat dan in die bloedstroom opgeneem word waar dit jou weefsel en organe met suurstof verryk en jou metabolisme, bloedsirkulasie en die immuunstelsel stimuleer. Dit is dus ’n groot hulpmiddel vir persone met verminderde longfunksie.
Mega Oxygen
Mega Oxygen™ is ’n natuurlike sistemiese suurstofdraende produk wat die immuniteitstelsel versterk deur ’n chemiese proses wat die liggaam help om virus- en bakterie-infeksies te beveg. Navorsing het getoon dat magnesium van kardinale belang is in die ontwikkeling en instandhouding van bene, asook die behoorlike funksionering van die senuwees, spiere en ander liggaamsdele.
Heart Health
Heart Health™ is ’n kragtige natuurlike behandeling vir die hart, are, geheue en meer. Hierdie produk is ’n orale chelasie-produk, gemaak van kalsiumdinitraat EDTA, appelsuur, knoffel en pietersieliepoeier. Sodra dit in die bloedstroom is, sal kalsiumdinitraat EDTA sy kalsiumbinding vinnig verbreek en giftige metale soos lood of kwik verbind.
Super Vitamin
Super Vitamin is ’n multivitamien wat die immuniteitstelsel versterk en konsentrasievermoë verhoog. Hierdie produk is ideaal vir studente wat probeer om voor die finale eksamen ure lank te studeer. Die produk is heeltemal natuurlik en bevat moringa en suurstof.
Water Life
Water Life is ’n essensiële mineraal-en-elektrolietsamestelling wat daarop gemik is om “dooie water” weer lewe te gee. Ons liggame bestaan uit 80-90% water en sonder noodsaaklike minerale is vitamiene nutteloos. Die eienskappe van die water wat ons drink, is net so belangrik soos die voedsel wat
ons inneem.
Bestel jou produkte aanlyn:
Besoek oxygenproducts.org of skakel 021 557 0446
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 28/05/2023
Foto slegs ter illustrasie. Foto: unsplash.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.