Artikelbron: www.politicsweb.co.za
Ons, die Suid-Afrikaanse Christen-leiers, is sterk gekant teen die besluit (“die Besluit”) van die Suid-Afrikaanse regering om die saak teen Israel te loods en eis dat dit onmiddellik herroep word aangesien dit sonder meriete en nadelig is vir Suid-Afrika se nasionale belange weens die volgende redes:
1. Ons het gehoop en gebid dat ons regering sy invloed as ’n vredemaker sal gebruik om ’n betekenisvolle en blywende vrede in die Midde-Ooste te bewerkstellig. Ongelukkig het die regering verkies om dit nie te doen nie en eerder kant te kies. Ons, as Christene, betreur die verlies van onskuldige lewens, hetsy die van Jode, Palestyne, Christene of enige ander mense, maar is sterk gekant teen die Besluit.
2. Die Besluit is fundamenteel gebrekkig. Die onuitgelokte aanval op Israel se burgerlikes het verkragting, verminking, verbranding en ander ondenkbare gruwels ingesluit. Dit was ’n doelbewuste poging tot volksmoord en word ondersteun deur Hamas se handves wat vra vir die totale vernietiging van Israel, feesviering in Gasa en die Wesoewer ná die aanval asook Hamas se herhaalde stellings dat hy daarna streef om soortgelyke slagtings soos die van 7 Oktober uit te voer wanneer die geleentheid hom ook al voordoen. Hamas en ander fundamentalistiese organisasies het voor en ná 7 Oktober openlik gevra vir die moord op elke Jood en Israeli wêreldwyd, terwyl Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge en samewerking in Februarie 2023 ons land se standpunt verklaar het en gesê het dat die Suid-Afrikaanse regering gekant is teen alle vorme van terrorisme. Daarom doen ons ’n beroep op ons regering om terug te keer na daardie standpunt. Israel probeer nie om Gasa of die Palestyne van die aardbol af te vee nie. Hy poog om homself te verdedig. Hierdie is ’n geval van die slagoffer wat deur ons regering beskuldig word.
3. Die Besluit is nie in die beste belang van Suid-Afrika en sy burgers nie. Nadelige politieke en ekonomiese gevolge sal waarskynlik volg omdat baie van Suid-Afrika se belangrikste handelsvennote, insluitend Amerika, Duitsland en Brittanje die Besluit beskou as ’n onderskrywing van die gruweldade wat deur Hamas gepleeg is. Suid-Afrika gaan gebuk onder verswakkende werkloosheidsvlakke, hoë vlakke van armoede en is vinnig besig om ’n mislukte land te word waarin niemand wil belê nie. Ons doen ’n beroep op die regering om op hierdie sleutelkwessie te fokus wat elke Suid-Afrikaner raak, veral ons mees kwesbare burgers.
4. Die afwesigheid van ’n openbare veroordeling vanuit Suid-Afrika oor Hamas se optrede in Gasa, wek groot kommer. Hierdie stilte is meer opvallend gegewe die feit dat Suid-Afrika onlangs ’n afvaardiging van Iran en Hamas in die land ontvang het. Sulke optrede kan geïnterpreteer word as direkte ondersteuning vir Hamas se taktiek, insluitend die gebruik van burgerlikes as menslike skilde en om skenkings vir noodleniging wat aan die Palestynse volk gestuur is, aanwend vir militêre doeleindes en die bou van tonnels, eerder as humanitêre verligting. Hierdie standpunt laat vrae ontstaan oor Suid-Afrika se posisie oor hierdie kritieke menseregtekwessies en sy rol in internasionale diplomasie. Ons regering se hoofadvokaat in die saak is ’n trustee van ’n internasionale NRO, Lawyers for Palestine, wat blykbaar die bron van die aansoek is.
5. Hamas se slagspreuk, “van die rivier tot by die see” beteken Israel moet Palestina word en Jode moet vernietig word. Behalwe om die Jode die reg op ’n tuisland te ontsê in die nasleep van die Holocaust, waar laat dit ons Christene? Plekke van aanbidding vir Christene in die Heilige Land sal vernietig word. Suid-Afrika is nie ’n Moslem-land nie. Die meerderheid van sy mense is Christene. Die Suid-Afrikaanse regering het die belange van sy eie mense benadeel om die politieke en godsdienstige doelwitte van ander te bevorder. Die regering is ook bewus daarvan dat die eensydige benadering wat hy ingeneem het, sy Joodse burgers in gevaar stel deur antisemitisme aan te blaas asook godsdiensvryheid van Christene in Suid-Afrika te erodeer.
6. Waarom het die regering hom nie teen talle gruweldade uitgespreek wat teen onskuldige burgerlikes gepleeg is nie en versoek dat gyselaars vrygelaat moet word nie? Daar is ’n lang lys van ander lande (waar volksmoorde inderdaad plaasgevind het of besig is om plaas te vind –Red.), die lang lys sluit in Sirië, Nigerië. Rwanda, Mosambiek en Afghanistan. Ons regering is nie konsekwent is sy handhawing van internasionale reg nie en het Omar el-Basjhir gehelp om arrestasie te ontduik. Waarom het Suid-Afrika gekies om Veiligheidsraad-resolusie nommer 1373 te ignoreer wat vereis dat alle VN-lande, insluitend Suid-Afrika, stappe doen teen, wat nog te sê van ondersteuning, terreurorganisasies soos Hamas?
7. Die feit van die saak is dat Suid-Afrika wispelturige subjektiwiteit deur die Besluit aan die dag gelê het en verkies het om deel te neem aan “lawfare” om die politieke en godsdienstige agendas van ekstremiste te bevorder wie se belange nie strook met dié van die meerderheid Suid-Afrikaanse burgers of ons nasionale belang nie.
8. Ons herhaal ons gebed vir vrede en is diep spyt oor ons regering se besluit om kant te kies en gehoor te gee aan diegene wat sinistere en verborge politieke en godsdienstige doelwitte het en geen ware belang in die regsorde het nie.
(Die organisasies wat hierdie persverklaring steun, is: Transformation Africa; Tell Them Ministries International; One in Christ; All Nations; Bridges for Peace; Concerned Clergy Western Cape; Life Change Centre; River Word Church; ICEJ; Spirit and Truth; Church on the Move; Three Cord Family Services; Friends From Abroad; Light Ministries International; Church on the Rise; MEP Church; Shalam Christian Centre; Grâce â la Grâce Church; Christian View Network Mitchells Plain; Rebuild Ministers Forum; South African Christian Leaders Forum; African Enterprise; South African Friends of Israel
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 06/03/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.
Die GOD VAN ISRAEL is baie duidelik hieroor : Ek sal seen , die wat jou seen , maar vervloek , die wat jou vervloek…
“N ernstige saak waaraan Suid Afrika hom skuldig gemaak het , deur homself :Let Wel ; Die A N C te bemoei met valse verklarings en verdraaings en openlik kant te kies vir diesulkes vir wie die VERVLOEKINGS sal geld,,
Ons DieChristene van Suid Afrika : Sal BID vir ISRAEL sowel as ook vir GENADE VIR SUID AFRIKA , in JESUS NAAM