Geskryf deur: Solidariteit Helpende Hand
Artikelbron: Artikel verskaf

 

‘n Vaal stuk grasperk is met gemeenskapskrag spesiaal in ‘n lusoord vir die sintuie van bejaarde demensiepasiënte omskep.

Solidariteit Helpende Hand se vrywilligertak in Bronkhorstspruit het vanjaar hande gevat met matrone Karin Ludwig van die Ons Herberg Ouetehuis om ‘n spesiale tuin vir bejaardes met dimensie te skep. Die tuin is bedoel om die pasiënte ‘n sinvolle en terapeutiese ervaring te bied.

Dimensie is ‘n siekte wat ‘n mens se geheue en denkvermoë aantas. Dit kan veroorsaak word deur verskeie toestande, byvoorbeeld Alzheimer se siekte, Parkinson se siekte en beroerte. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie ly meer as 50 miljoen mense wêreldwyd aan dimensie en sal hierdie syfer na verwagting in die toekoms elke 20 jaar verdubbel.

Die tuin wat Helpende Hand met die Ons Winkel Bronkhorstspruit, plaaslike sakelui en die gemeenskap se hulp aangelê het, is ‘n sensoriese tuin wat die pasiënte se sintuie stimuleer met verskillende plante, kleure, geure, klank en teksture. Dit is ontwerp om die pasiënte ‘n veilige en rustige omgewing te bied waar hulle kan wandel, ontspan en hul herinneringe kan oproep. Daar is ook ‘n pergola, ‘n winkeltjie en ‘n voëlhok.

Melouise Taljaard, die voorsitter van Helpende Hand Bronkhorstspruit-tak, sê die tuin was ‘n droomprojek wat hulle vir hul gemeenskap wou nalaat. “Ons wil die pasiënte die mooi van die natuur laat sien en hul terugvat na vergete herinneringe. Ons weier om hulle agter geslote deure te hou en van hul laaste bietjie menswees te ontneem. Vir hulle sal ons koester; hulle is juis dié wat vir ons die pad vorentoe gebou het,” sê sy.

Mariana Kriel, streeksbestuurder van Helpende Hand in Gauteng, sê die tuin is ‘n voorbeeld van hoe mense kan hande vat en saamwerk tot voordeel van hulle gemeenskappe. Sy bedank almal wat Helpende Hand se Ons Winkel in Bronkhorstspruit ondersteun het asook die borge en skenkers wat die tuin moontlik gemaak het.

Daar is in Oktober begin met voorbereidings vir die tuin deur die grasperk gelyk te maak en boomwortels uit te haal sodat die bejaardes gemaklik met hul stootkarretjies op ‘n wandelpaadjie kan rondbeweeg. Die tuin is amptelik op 13 Desember geopen met ‘n spesiale seremonie waartydens die pasiënte, personeel, vrywilligers en gaste die eerste plantjies geplant het. Dit sal deurlopend deur Helpende Hand-vrywilligers onderhou word.

Die gemeenskap kan die projek ondersteun deur deel te raak van die vrywilligertak of deur bruikbare tweedehandse items aan Ons Winkel Bronkhorstspruit te skenk. Kontak Melouise Taljaard by 012 345 6789 of melouise@helpendehand.co.za vir meer inligting.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 11/01/2024

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here