Geskryf deur: #Hope4SA
Artikelbron: Artikel verskaf 

Bloemfontein – Woensdag 10 Januarie 2024 is ’n deurslaggewende oomblik in die politieke landskap
van Suid-Afrika, aangesien #Hope4SA, ’n dinamiese en vooruitdenkende politieke entiteit, amptelik
hul voornemens aangekondig het om aan die 2024-verkiesing deel te neem as ’n nuwe party wat
daartoe verbind is om positiewe verandering en eenheid binne ons nasie te bevorder.


Van links na regs: Dianne Rogers, Zandile Vilakazi, Rooies Strauss, John Mathuhle en Gerrie Bester

Onder leiding van ’n diverse groep visioenêre individue met ’n gedeelde passie vir vooruitgang, poog
#Hope4SA om tradisionele politieke skeidings te oorbrug en vars perspektiewe na die voorpunt van
die openbare diskoers te bring. Die party se kernwaardes sentreer rondom die handhawing van
Bybelse waardes, goeie bestuur, deursigtigheid, om verantwoordbaar te wees en ’n verbintenis
daartoe om aandag te skenk aan die ontwikkelende behoeftes van ons samelewing.

In ’n verklaring wat uitgereik is deur John Mathuhle, die hoofdienaar (president) van #Hope4SA, het
hy hom daartoe verbind om die land se burgers te verenig en elkeen betrokke te kry, ongeag hul ras
of agtergrond om gesamentlik die toekoms te skep wat aan ons almal behoort en waarop ons trots
kan wees.


John Mathuhle, die hoofdienaar van #Hope4SA

#Hope4SA sal op sleutelkwessies fokus soos: die herstel van gesinswaardes waarop elke gesonde
samelewing gebou is; etiese en professionele bestuur in elke regeringsfeer en om oplossings voor te
staan wat sosiale geregtigheid, inklusiewe ekonomiese groei en omgewingsvolhoubaarheid
bevorder. Die party sal poog om met eendersdenkendes in die burgerlike samelewing mee saam te
werk om die gapings te oorbrug en om ’n sterker en meer samehangende samelewing te skep en
sodoende verandering op alle vlakke te beïnvloed.


Burgers wat belangstel om by hierdie saak vir positiewe verandering aan te sluit, word aangemoedig
om www.hope4sa.org.za te besoek vir meer inligting oor lidmaatskap en opkomende geleenthede.
Ons hoofdienaar, John Mathuhle, en ander verteenwoordigers sal beskikbaar wees vir onderhoude
om hul visie vir die toekoms te deel en vrae oor die party se platform te beantwoord.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 11/01/2024

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

1 COMMENT

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here