Geskryf deur: Andreas Wailzer
Artikelbron: LifeSiteNews.com 

“Ons is siek en sat vir die leuens. Ons is siek en sat vir julle wat probeer om ons werk van ons af weg te neem. Dit is nie net boere nie. Dit is die vragmotorbestuurders. Dit is die normale werkers. Almal is siek en sat vir politici wat geen idee het waarvan hulle praat nie. Mense wat geen opleiding het wat vir ons wil voorskryf hoe ons moet lewe nie.” ­– Duitse boer

Tienduisende betogers het oral in Duitsland die strate ingevaar en snelweë tydelik versper tydens die grootskaalse boerebetogings in reaksie op die Duitse regering se plan om subsidies te sny.

Op 8 Januarie, die eerste dag van ’n weeklange betoging wat op 15 Januarie in ’n groot betoging in Berlyn sal uitloop, het sowat 19 000 trekkers aan betogings in Beiere deelgeneem en 25 000 voertuie het in Baden-Württemberg opgedaag. Berig die Duitse koerant Bild.

Soortgelyke betogings teen die beplande regeringsmaatreëls waartydens swaar voertuie paaie en snelweë tydelik versper, is oral in Duitsland gehou, insluitend Berlyn, Brandenburg, Mecklenburg-Voor-Pommere, Noord-Ryn-Wesfale, Sakse, Münster en Mainz.

Duisende voertuie het ’n blokkade gevorm op die A2-hoofweg, een van die besigste paaie in Europa, wat die Ruhr-gebied in die weste van Duitsland met Berlyn in die ooste verbind.

In ’n toespraak in reaksie op die betogings het die linkse Duitse minister van ekonomie, Robert Habeck (Groen Party) probeer om die boere as antidemokratiese “ekstremiste” uit te beeld en beweer dat “hierdie republiek die beste staat is wat Duitsland nog gehad het.”

Habeck het veral blykbaar die organiseerders van die betogings as “vyande van die grondwet” gedreig.

“Ons grondwet stel perke op vyande van die grondwet,” het Habeck gesê. “Enigiemand wat demokrasie wil ondermyn, moet daarvoor verantwoordelik gehou word deur die oppergesag van die reg… “

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 10/01/2024
Foto: Skermskoot

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here