Geskryf deur: Cip.nl
Artikelbron: youtube.com en cvandaag.nl 

Tass Saada, wat jarelank Jasser Arafat se chauffeur was, het onlangs in ’n onderhoud met All Israel News sy mening uitgespreek dat daar hoop vir die Palestynse volk is. Sy verwagting is dat talle inwoners van Gasa die rug op Islam gaan keer.

Al het hy die Jode voorheen fel gehaat, is die bitterheid vervang met liefde en respek. Hierdie verandering het plaasgevind toe ’n vriend hom vertel het van ’n liefdevolle God wat die mens deur sy Seun Jesus Christus versoen het.

“Daar is hoop vir die Palestynse mense,” sê hy. Ek is oortuig hiervan, want ons lewe in die eindtyd. Ja, ons leef regtig in die eindtyd. Dinge wat vandag gebeur is een van die tekens daarvan. God het ’n plan. Ek glo dat Arabiere en Jode deel is van daardie plan. Dit is wat my hoop is.”

Voor die oorlog in Gasa was Saada van plan om na Gasa te trek om sy sendingwerk deur die organisasie, Hope for Ishmael, daar voort te sit. Tass en sy vrou, Karen, verskaf deur die organisasie al jare lank humanitêre hulp aan mense in Gasa en verkondig die liefde van God aan hulle.

Saada dien ook die Joodse gemeenskap  en is verbind tot versoening tussen Jode en Arabiere. Ondanks die huidige situasie, beplan Saada steeds om eendag na Gasa terug te keer.

Saada is in Gasa gebore as ’n Palestynse Moslem en het in Saoedi-Arabië grootgeword. Hy het ’n radikale Moslem-terroris geword en gedien as ’n skerpskutter vir die Palestynse Bevrydingsorganisasie (PLO). Ná die Sesdaagse Oorlog in 1967 het hy by Fatah aangesluit en vir die bekende Palestynse leier Jasser Arafat geveg.

Volgens Saada verskyn God in drome aan Moslems omdat die kerk faal. “Kerke kies dikwels kant in die konflik,” het hy in ʼn onderhoud met cvandaag.nl gesê. “Sommige is pro-Israel. Ander is pro-Palestina. Jesus sê: ‘Geseënd is die vredemakers.’ Daarom moet jy nooit kant kies nie. Ons moet versoening vir Israeli’s en Arabiere soek. Ek is lief vir albei en wil albei in die hemel sien. Ek probeer om daartoe by te dra… Dit is hoekom dit Koninkryk Eerste is.”

Kyk hier na die onderhoud met Tass Saada

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 10/01/2024
Foto: YouTube skermskoot

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here