Geskryf deur:
Artikelbron: All Israel News
Duisende Jode het gister by die Klaagmuur gebid vir gyselaars wat steeds deur Hamas aangehou
word, berig All Israel News. Die skare het ook gebid vir Israelse soldate wat in die Gaza-strook veg.
Die gebedsoproep was ’n inisiatief van prominente rabbi’s, godsdiensorganisasies en familielede van
Jode wat steeds as gyselaars aangehou word.
“Ons bid vir God se genade vir Israel, vir genesing van gewonde liggame en siele, vir die sukses van
die IDF en vir die veilige terugkeer van die gyselaars,” het die organiseerders se verklaring gelui. Daar
word geskat dat ongeveer 136 gyselaars steeds deur Hamas in die Gasa-strook aangehou word.
Die groot plein voor die Klaagmuur was byna heeltemal gevul met duisende bywoners, van wie
sommige van ver af gekom het. Een van hulle was Emmanuel Ohaihun, wat naby die Libanese grens
woon. “Omdat ek 69 jaar oud is, kan ek nie in die weermag dien nie. Ek beskou hierdie oproep tot
gebed as my diensbevel,” het hy aan die Times of Israel gesê.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 12/01/2024
Foto slegs ter illustrasie: unsplash.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








