Geskryf deur:
Artikelbron: chinaaid.org

’n Gevange Christen in Mongolië is in ’n kritieke toestand nadat hy maande lank uitgehonger en
gedwing is om toiletwater te drink om te oorleef. Volgens ChinaAid, ’n organisasie wat vervolging van
Christene beveg, word die 28-jarige man op valse aanklagte aangehou.

Die organisasie is baie bekommerd oor Alamusha se toestand. Die man het in Sjanghai gestudeer en
in 2013 ’n reünie in sy tuisdorp in Mongolië bygewoon. Volgens ChinaAid het ’n groot argument daar
ontstaan en al het Alamusha nie aan dié argument deelgeneem nie, is hy steeds van opsetlike
besering aangekla. Hy is daarna tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Hy het in die tronk tot geloof gekom en Christus aangeneem. Hy dien sy vonnis in die berugte
Hohhot-gevangenis uit waar die mees berugte misdadigers aangehou word, maar ook mense wat
deur die Chinese regering as ’n bedreiging vir die staat beskou word. Mense uit
Godsdiensminderhede, soos Christene, word ook daar gevange gehou. Die tronk is bekend vir sy
onmenslike behandeling van gevangenes.

’n Video doen die rondte op Chinese sosiale media waarin ’n tannie van Alamusha praat oor die
manier waarop hy in die tronk behandel word. Daar word gesê dat hy amper twee maande lank in
isolasie toegesluit is en is gereeld gemartel omdat hy geweier het om skuld te erken. Die Christen is
alleen in sy sel toegesluit sonder hitte terwyl dit vries. Dit het tot ernstige gesondheidsprobleme
gelei. Hy het een keer per dag ’n toebroodjie en ’n klein glasie water gekry. Om te oorleef het hy
water uit die toilet gedrink.

Toe sy familie hoor van die manier waarop Alamusha in die tronk behandel word, het hulle verskeie
klagtes ingedien. Volgens sy tante het dit egter net tot meer marteling gelei. “Ons is hulpeloos,” het
die desperate familielid in die video gesê.

Alamusha se situasie trek nou internasionale aandag en verskeie menseregte-organisasies het ’n
beroep op die regering gedoen om ondersoek in te stel.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 12/01/2024
Foto slegs ter illustrasie: unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here