Deur dr. Pearl Kupe
Artikelbron: JUJIG! Tydskrif

Spanning neem toe met Suid-Afrika wat voorberei vir een van die belangrikste verkiesings in ons land se geskiedenis. Een van die instellings wat ’n sleutelrol speel in die uitslag van dié verkiesings is die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK).

Wat is die OVK se mandaat?
Die OVK is ’n permanente en onafhanklike liggaam – geskep en gestig deur artikel 190(1) van die Suid-Afrikaanse Grondwet. Dit is geskep as ’n instelling om demokrasie te verbeter deur vrye en regverdige nasionale, provinsiale en munisipale verkiesings te bestuur. Die OVK word deur die publiek gefinansier en is verantwoordbaar aan die parlement. Boonop is die OVK verplig om ’n kieserslys saam te stel en in stand te hou en verkiesingsuitslae aan te kondig.

Die OVK se rol in vrye en regverdige verkiesings
Vrye en regverdige verkiesings is ’n fundamentele beginsel van demokrasie, en sluit in:
• die vryheid om as ’n kieser te registreer;
• die vryheid om jouself vir ’n openbare amp beskikbaar te stel soos deur die Grondwet gewaarborg (selfs as ’n onafhanklike kandidaat); • die vryheid van spraak vir politieke partye en hul kandidate;
• die vryheid om te vergader en veldtogte te voer;
• toegang tot stemlokale;
• onpartydige amptenare en stelsels vir die hou van verkiesings en die kontrolering en verifiëring van verkiesingsuitslae; en
• voldoende wetgewing om kiesersbedrog te voorkom en te verseker dit gebeur nie.

Verkiesingswaarnemers
Verkiesingswaarnemers is noodsaalik om vrye en regverdige verkiesings te verseker. Waarnemers word gewoonlik op plaaslike, streeks- en internasionale vlak gekies. Hulle is daar om die regte van dié wat aan die verkiesing deelneem, te beskerm en om die publiek se vertroue in die integriteit van die verkiesingsproses te help bou. Waarnemers is daar om enige verkiesingsbedrog of manipulasie van die proses te verhoed en bloot te lê. Daar het glo 52 organisasies waarnemerstatus vir die komende verkiesing ontvang.

Kieserbedrog en -manipulasie
Die OVK het ’n platform waar burgers voorvalle van beweerde verkeerde aanlyn inligting kan aanmeld. Waar ondersoeke aan die lig bring dat daar wel verkeerde inligting versprei is wat in stryd met verkiesingspro-sesse is, kan die volgende opsies oorweeg word:
• Verwys die aangeleentheid vir kriminele of siviele regstappe.
• Versoek sosialemedia-platforms om die materiaal te verwyder.
• Reik mediaverklarings uit om die publiek te waarsku en die verkeerde inligting reg
te stel.

Die afgelope paar jaar is sommige verkiesingsbeamptes skuldig bevind aan verkiesings-bedrog. Hulle is verhoor en vir die oortreding gevonnis.

Teken klagtes aan
Alle personeel en vrywilligers wat aan die verkiesingsproses deelneem, moet vermaan en ernstig gewaarsku word oor die kriminele implikasies daarvan as hulle skuldig bevind word aan verkiesingsbedrog of -peutery. Die publiek moet ook wakker wees en op die uitkyk wees vir enige onwettige of verdagte verkiesingsaktiwiteite. Jy kan ’n foto van enige verdagte voorvalle neem of dit verfilm.

Om ’n klagte te lê: klik hier.

Enige klagtes wat verband hou met beweerde oortredings van die gedragskode moet by die verkiesingshof óf direktoraat vir verkiesingsmisdrywe ingedien word. Die sekretaris van die hof, me. Annerie Vorster, kan per e-pos gekontak word avorster@sca.judiciary.org.za. Die OVK se direktoraat vir verkiesingsmisdrywe kan per e-pos by legalservices@elections.org.za bereik word.

GEBEDSPUNTE

• Bid dat die OVK-personeel die waardes sal handhaaf wat hulle veronderstel is om voor te staan en gehoor sal gee aan hul missiestelling.
• Bid vir verkiesingswaarnemers, veral waarnemers wat van streeks-, kontinentale en internasionale organisasies kom. Bid vir die regte samestelling van waarnemers en vir die keuse van regverdige en eerlike waarnemers wat nie beheer of gemanipuleer kan word nie. Bid vir die akkreditasie van waarnemers wat integriteit het.
• Bid deur Psalm 89:15 te gebruik: “U troon is gebou op geregtigheid en reg, liefde en trou staan in u diens.”
• Bid dat stembusse betyds sal oopmaak asook vir dié wat die stembusse sal beman.
• Bid dat alle toerusting wat benodig word, soos stembusse, beskikbaar en gereed sal wees.

• Bid dat enige tegnologie wat in die verkiesings-proses gebruik word, behoorlik sal funksioneer, sonder dat dit op enige manier gemanipuleer word.
• Bid teen apatie onder kiesers en vir aktiewe en deelnemende burgers; vir mense om in groot getalle te stem.
• Bid vir Suid-Afrika en vir almal wat gaan stem deur Spreuke 14:34 te gebruik: “Gehoorsaamheid aan die Here laat ’n volk sterk staan; sonde bring skande oor ’n volk.”
• Bid dat geregtigheid sal seëvier.
• Bid vir veiligheid en beskerming aan die hand van Psalm 91; dat almal veilig sal wees en dat daar geen ongevalle sal wees as gevolg van siekte, uitputting, ongelukke, misdadigheid of geweld nie.
• Bid dat enige bedrog of manipulasie van die verkiesingsproses aan die lig gebring sal word. “Daar is niks bedek wat nie onthul sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie” (Luk 12:2).

DR. PEARL KUPE – prokureur en konsultant vir wêreldleiers/internasionale organisasies.
Besoek pearlkupe.co.za of stuur ’n e-pos na pearl.kupe@gmail.com

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer 25/05/2024

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here