Deur Willbert Kinnear | Unite180
Artikelbron: JUIG! Tydkskrif
In ’n wêreld vol onsekerhede staan die volgende geslag by die kruispad van ongekende uitdagings en verbysterende druk. Terwyl hulle sosiale verwagtinge en persoonlike aspirasies navigeer, dra hulle ’n swaar las – nie net van akademiese of loopbaansukses nie, maar toenemende druk op hul geesteswelstand en geestelike uithouvermoë. Navorsing oor Gen Z het getoon dat meer as 50% van hierdie generasie vrees en angs oor die toekoms ervaar. Talle van hulle het ’n “’n verslae gees” terwyl hulle worstel met vrae oor hulle doel in die lewe en sinvolheid in ’n wêreld wat vir hulle dikwels voel dat dit sonder hoop is.
Bybelse wysheid
Salomo het in sy wysheid gepraat van ’n tyd vir elke seisoen – ’n waarskuwing dat dit nie natuurlik is om so jonk reeds met sulke bekommernisse belas te wees nie. Ons hoop op God moet reeds van jongs af in ons gevestig wees (Ps 71:5). In hierdie digitale era waar negatiewe inligting jongmense van alle kante bombardeer en nuus ’n somber en apokaliptiese toekoms uitbeeld, is dit geen wonder dat hulle die las van die wêreld op hul skouers dra nie.
Die kerk se rol
Te midde van hierdie storms is daar egter ’n ligpunt van hoop – ’n opkomende geloofgevulde geslag wat weier om deur die heersende narratief van wanhoop gedefinieer te word. Hulle kyk verby die donderwolke van druk en anker hulle siele in geloof. Hier moet die Kerk deurslaggewend wees. Wanneer snoekertafels, vlugbalbane en vermaak domineer waar jongmense bymekaarkom, bied dit nie ’n antwoord nie. Wanneer hierdie dinge egter met Geesvervulde aanbidding en reguit prediking en onderrig van die Woord vervang word, vervul die Kerk sy doel en word dit ’n plek waar hierdie waarhede gevind word. Wanneer daar ’n bewys van God se krag en die uitstorting van Sy Gees is, laat dit daardie jeugdige hoop opvlam waarvan die wêreld jongmense so graag wil stroop.
Deursigtigheid en eerlikheid
Jongmense wat uit die gebede van ’n vorige geslag oprys, is besig om terug te keer na die kerk en moedig ander aan om dit ook te doen. Hierdie geslag floreer op waarheid en ’n vertoon van sy Koninkryk. Hulle aanvaar orde, struktuur en gesag maklik wanneer hulle aanvoel dat dit is deursigtig en opreg is. Hulle word doeltreffende getuies van sy Koninkryk (Hand 1:8) aangesien hulle gemaklik is daarmee om met die krag van God oor hulle lewens te beweeg en nie skaam is om dit te deel nie.
Die toekomstige leiers
Vir hulle is geloof nie net ’n passiewe oortuiging wat in die verte verdwyn het nie. Dit is ’n aktiewe vertroue op ’n God wat die toekoms in sy hande hou. Hulle is toenemend hoopvol en bid dat meer mense by kerke in die land gevoeg sal word; aangevuur deur die ondersteuning van dié wat hulle vooraf gegaan het. Hulle besef dat Jesus vandag steeds die antwoord is soos Hy nog altyd was. Hulle steek hul hande op om leiers in die bou van die Koninkryk te wees.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer 26/05/2025
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.