Artikelbron: Morning Star News

’n Veertienjarige Christen is in Pakistan deur Moslem-ekstremiste vermoor. Sunil Masih het ’n mark saam met ander Christene besoek toe ses gewapende Moslem-mans op motorfietse skielik opdaag en op hulle losgebrand het.

Masih is noodlottig in die bors getref en het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Die res van die groep het die aanslag oorleef deur betyds agter ’n muur te skuil.

Die aanval was godsdienstig gemotiveer, volgens ds. Numan Matto van die Gondalanwala Presbiteriaanse Kerk. Hy het beklemtoon dat vorige aanvalle op die gebied se Christelike gemeenskap nie deur die owerhede hanteer is nie. In Mei verlede jaar het Moslem-jeugdiges ’n Christelike huwelikseremonie versteur. Ondanks protes van die Christelike gemeenskap het die polisie niks hieromtrent gedoen nie.

Tussen 400 en 450 Christene het dekades lank vreedsaam in die gebied gewoon, maar onlangs het die omgewing toenemende vyandig geword teenoor godsdiensminderhede.

Matto het gevra vir beskerming van Christene in die gebied en beklemtoon dat die skuldiges van Sunil se moord steeds op vrye voet is. Hy het gewaarsku dat daar meer aanvalle kan plaasvind as daar nie voldoende veiligheidsmaatreëls ingestel word nie. Die gewelddadigheid van die aanval wys dat die oortreders nie sal skroom om weer toe te slaan nie, tensy die owerhede optree.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 12/02/2024
Foto: morningstarnews.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here