Artikelbron: www.charismanews.com 

Henry Blackaby, die skrywer van die topverkoper-Bybelstudieboek, Experiencing God: Knowing and Doing the Will of God, is Saterdag op 10 Februarie op die ouderdom van 88 oorlede.

Die invloedryke Suidelike Baptiste-pastoor en leier was die stigter en president emeritus van Blackaby Ministries International. Sy seun Richard het sy pa se dood op sosiale media aangekondig.

Henry Blackaby, gebore op 15 April 1935 in Brits-Columbië, Kanada, het sy graad aan die Universiteit van Brits-Columbië, Vancouver, Kanada verwerf. Hy het later ’n meestersgraad in teologie aan die Golden Gate Baptist Theological Seminary (nou Gateway Seminary) in Kalifornië, verwerf.

Blackaby het in 1970 die Faith Baptist Church in Saskatchewan as pastoor begin bedien. Nadat die kerk aansienlike groei getoon en daar verskeie ander kerke geplant is, het Blackaby twee jaar lank as direkteur van Southern Baptist-sendings in Vancouver gedien voordat hy na Amerika verhuis het om die direkteur van gebed en geestelike ontwaking by die Noord-Amerikaanse Sendingraad te wees. Hy het later as spesiale assistent gedien vir die presidente van die Internasionale Sendingraad, Noord-Amerikaanse Sendingraad en Lifeway Christian Resources en was sewe jaar lank die president van die Canadian Baptist Theological College.

“Blackaby se beroemde opsomming van hoe om te weet wat die wil van God is en dit te doen — ‘wees op die uitkyk om te sien waar God aan die werk is en sluit by Hom aan’ — het talle mense, kerke en bedieninge gelei om by God se werk aan te sluit”, berig die Biblical Recorder oor die ikoniese Bybelstudieboek. Dié boek se mede-outeur is Claude King en meer as 8 miljoen eksemplare daarvan is verkoop sedert dit in 1990 uitgereik is. Dit is in meer as 75 tale vertaal. “Blackaby se lering en invloed het denominasielyne oorgesteek sowel as kulturele en geografiese grense oorbrug.”

Blackaby het die afgelope paar jaar aan gesondheidsprobleme gely en het in September 2013 vir 29 uur vermis geraak. Sy familie het later berig dat hy ’n hartaanval gehad het terwyl hy bestuur het en dit het hom gedisoriënteerd gelaat. Hy het ’n viervoudige hartomleidingsoperasie ondergaan.

Sy vrou, Marilyn, is in 2022 oorlede ná 62 jaar van getroude lewe saam. Hy word oorleef deur hulle vyf kinders – Richard, Tom, Melvin, Norman en Carrie, wat almal in verskeie Christelike bedieninge betrokke as – asook 14 kleinkinders.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 12/02/2024

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here