Artikelbron: Artikel verskaf 

AfriForum Teater is die tuiskomplek vir die Afrikaanse kunste en vanjaar is dié teater trots om deel te kon wees van die beoordelaarspaneel tydens Akademia se eerstejaarskonsertkompetisie. AfriForum Teater het ook twee wisseltrofees vir dié kompetisie geskenk, naamlik die AfriForum Teater wisseltrofee vir beste akteur en beste aktrise.

Akademia spog vanjaar met ses koshuise en elke jaar groei dié tersiêre instelling net meer en meer en vir AfriForum Teater is dit wonderlik om te sien hoe tradisies soos die eerstejaarskonsert saam met Akademia groei.

Vanjaar het die eerstejaarskonsertkompetisie in sleep verband plaasgevind – met ander woorde ’n manskoshuis en dameskoshuis het saam gespan om ’n uitnemende produksie op die planke te sit.

Die beoordelaars het gekyk na verhooginkleding, toneelspel, musiek en dansvernuf. Uiteindelik het Huis Magalies en Huis Strelitzia as wenners uit die stryd getree. Die wenners van die twee wisseltrofees was ook onderskeidelik Mecka Wilhellem van Huis Daglelie en Christiaan Badenhorst van Huis Karoo.

“Dit was werklik ’n wonderlike geleentheid vir AfriForum Teater om hierdie jaar deel te kon wees van die beoordelaarspaneel tydens Akademia se eerstejaarskonserte. Ons sal verseker hierdie jongtalente met belangstelling dophou!” sê Carien Bloem, hoof van kommunikasie en openbare skakeling by AfriForum Teater.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 12/02/2024
Foto: Carien Bloem oorhandig die AfriForum Teater-wisseltrofee vir Beste Aktrise aan Mecka Wilhellem (AfriForum Teater).

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here